Ligte leesstof vir die vakansie

Ligte leesstof vir die vakansie
Dis tyd om bietjie te ontspan en af te skakel van die afgelope jaar se bedrywigheid en wat is beter as ligte leesstof vir die vakansie wat voorlê?! Tyd om weer ons kragte te herwin en ons koppe skoon te kry voor die nuwe jaar.
Niks swaar nie, net lig, lekker en ontspannend
Hier is my voorstelle vir ligte ontspannende boeke. Voel welkom om enige voorstelle in die kommentaar spasie te los sodat ander dit ook kan oorweeg.
Sweetie deur Nataniel

Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories — 5 in Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit Nataniël-produksies oor ‘n periode van twee jaar: Ring Van Vuur, Nineveh Song, Cake Topper en Duif. Nataniel se stories is lekker lees. Dit voel asof julle saam tee drink terwyl hy so meesterlik sy stories vertel.
My jaar van vrees en vryheid – Marita van der Vyver

Soms moet ‘n mens baie verloor – en ook bereid wees om self verlore te raak – voordat jy waarlik vry kan wees. Dit is een van die lesse wat Marita van der Vyver leer toe die pandemie die mat onder haar en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hulle geliefde ou huis op die Franse platteland moet verkoop.
My jaar van vrees en vryheid is ‘n reisverhaal oor ‘n sprongjaar in Marita van der Vyver se lewe – ‘n sprong van veiligheid en sekerheid na vrees en onsekerheid – en ontgin ‘n hele leeftyd se herinneringe van een van Afrikaans se grootste skrywers.
The Christmas bookshop – Jenny Colgan

Carmen has always worked in her local department store. So, when the gorgeous old building closes its doors for good, she is more than a little lost.
When her sister, Sofia, mentions an opportunity in Edinburgh – a cute little bookshop, the spare room in her house – Carmen is reluctant, she was never very good at accepting help. But, short on options, she soon finds herself pulling into the snowy city just a month before Christmas.
What Sofia didn’t say is that the shop is on its last legs and that if Carmen can’t help turn things around before Christmas, the owner will be forced to sell. Privately, Sofia is sure it will take more than a miracle to save the store, but maybe this Christmas, Carmen might surprise them all…
Lekker lees!
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment