Tradisionele huwelike weer mode

Tradisionele huwelike weer mode
Bruidegom en Bruid met die man wat die broodwinner is en die vrou die tuisteskepper. Al hoe meer jong mense veral diegene aan die konserwatiewe kant verkies die ou manier van gesin samestelling. Daar is egter variasies van die terug keer na tradisionele huwelike.
Christelike tradisionele huwelike
Dit is basies ‘n replika van die huwelike waarmee ons vertroud is. Die man is die enigste ene wat werk en geld inbring terwyl die vrou tuis bly, kinders groot maak en van die huis ‘n tuiste maak met tuis gebak, skoon huis en dies meer. Die beginsels wentel rondom Christenskap – die man is die hoof van die huis.
Moderne tradisionele huwelike
Dan is daar die meer moderne tipe waar mans steeds die hoof broodwinner is. Die vrou versorg steeds die kinders en huis – met ‘n kinkel in die kabel. Dikwels werk die mans oorsee en verdien baie geld wat sorg vir ‘n gemaklike lewe tuis. Alhoewel die vrou nie werk nie help sy uit by skole en welsyns organisasies terwyl haar kinders deur helpers tuis versorg word en die huis skoon gehou word deur skoonmakers.
Tradisionele huwelike is weer gewild. Mense is moeg gejaag na meer geld en verkies ‘n rustiger lewe – meer geballanseerd. Selfs al beteken dit minder luukses, geen kitskosse nie en net 1 voertuig. Mans hou van die idee dat vrouens tuis is saam met die kinders terwyl vrouens weer daarvan hou om meer tyd vir hulleself en kinders te he. Stokperdjies te benut
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment