Liefde want hoekom nie
Liefde want hoekom nie? Liefde is orals om ons. Dis deel van ons menslike bestaan. Liefde vir jou familie en vriende, Soveel verskillende tipes.
En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
Ek sê nie maklik vir iemand dat ek lief is vir hom of haar nie. Dit moet in my hart gevorm word en opreg bedoel word. Dus wanneer ek wel die woorde uitspreek bedoel ek dit werklik.
God het ons lief
Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. – ROMEINE 5:8 (AFR83) Wat ‘n wonderlike voorreg dat ons niks hoef te doen om God se liefde te ontvang nie.
Liefde vir die natuur
Dit is ‘n maklike vorm van liefhê – vir my altans. In my jeug het ek dikwels die blomme in die veld misgekyk. Deesdae maak ek ‘n punt daarvan om die blomme te bewonder – die pragtige kleure, geure en die tekstuur onder my vingerpunte te voel. Wanneer ek my oggend koffie buite drink kan ek my verkyk aan die miere, skoenlappers en die voëls wat nessies bou en hulle babas wurms voer en dan oorweldig ‘n gevoel van liefde my.
Romantiese liefde
Dit is seker die mees algemeenste vorm van liefdes vorme. Dit is ook die een waaroor die meeste geskryf en gesing word. Liefde want hoekom nie?
Vriende wat omgee
Elke nou en dan verskyn daar stories van vriende wat mekaar onvoorwaardelik lief het. Stories van vriende wat intree wanneer ander uittree. Vriende wat mekaar help, bystaan en onderskraag. Vriende wat die ekstra myl stap en in ons glo.
Liefde want hoekom nie?
Ouer en kind
Niks kom by die gevoel wanneer ‘n Ma vir die eerste keer haar pasgebore baba teen haar bors vas druk nie. Onmiddellike onvoorwaardelike liefde.
Daar is baie tipes liefdes elke dag rondom ons.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you