Lente

0
(0)
teetyd

Lente

Teetyd kuiers is ‘n maandelikse gesels rubriek geskryf deur Amanda Spies du Plessis

Amanda Spies du Plessis

Teetyd kuiers argief

Rooibos tee

Teetyd kuiers met Amanda

Die lente seisoen het amptelik aangebreek. Bloeisels. Die bome is besig om hulle winter kleed te verruil vir ’n blare kleed.

Ek vier elke seisoen

Winter is God se Genade seisoen

Lente is die seisoen van Hoop

Somer vier ek Naasteliefde

Herfs versterk ek my Geloof

Hierdie lente is ietwat anders. Dis my Ma se eerste lente op die plaas. Vir die grootste deel van 86 jaar het sy onafhanklik geleef en nou is sy afhanklik van ander. Gestroop. Sy sukkel met wat was en die onseker toekoms.

lente

Die lente bring hoop ook vir Ouma. Hierdie pragtige foto is geneem in die oprit na die plaashuis. Ouma tussen die wit madeliefies. (Wat ‘n skouspel)! Bruno (ou vettes) is aan haar sy. Heel voor is nog twee spikkels – Basjan die skaaphond en Sara die stoor kat wat nou Ouma se permanente metgesel is. Elke dag gaan my Ma stap en hierdie drie stap saam. Ja, Sara ook. Sy gaan waar Ouma gaan en saans slaap sy by haar op die bed. Ouma vind haar hoop in Sara en die madeliefies.

So soek elkeen van ons na Hoop en in hierdie seisoen met al die nuwe tekens van lewe vind ons Hoop in die kleinste dinge en op ongewone plekke.

Vir die recce Wynand du Toit was dit ‘n plantjie wat verskyn het deur die kraak in sy sement tronk vloer in Angola. Vir 2 jaar het hy die plantjie versorg – later het hy dit gelei aan ’n garingdraad rondom sy tronksel. Dit het hom Hoop gegee totdat hy vrygelaat is en die plantjie moes agterlaat en ’n nuwe lewe binnegestap het.

Hierdie Lente seisoen vier ek ten volle. Blom in die hare, Lemoenkoek, kruie plantjies. Die winter se knyp is nog daar alhoewel swakker. Ek dans die Lente binne – daar is orals Hoop en ek gaan ook my deel doen om Hoop te gee aan ander.

Welkom Lente en Berrie Tee!

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading