Bonnie en Clyde leef voort

articles

Bonnie en Clyde leef voort

Bonnie en Clyde leef voort selfs 90 jaar na hulle brutale dood. Hulle storie van liefde en misdaad is vandag nog net so bisarre en fassinerend soos die 1930’s toe hulle die publiek se aandag getrek het met hulle moord en roof togte. Hy was 24 en sy 23. Dit was tydens die arm depressie jare. Hulle opwindende lewens het ontvlugting gebied vir die andersins sukkelende publiek.

“Some day, they’ll go down together. They’ll bury them side by side. To a few it’ll be grief, to the law a relief, but it’s death for Bonnie and Clyde.” Bonnie Parker

Bonnie was afkomstig van ‘n relatief goeie en gewone familie. Sy was egter aangetrokke tot misdadigers en het selfs op 16 weggeloop en met ’n man getrou wat ietwat moordlustig was. Hy is later deur die Polisie doodgeskiet tydens ’n ontsnap poging. Sy het Clyde ontmoet tydens ’n besoek aan die tronk. Hy was in die tronk vir motor diefstal en ’n string ander oortredings. Sy self het ’n paar diefstalle agter haar naam gehad. Binne twee jaar na hulle eerste ontmoeting het hulle saam in ’n koeël reën gesterf.

“Brown-eyed and crazy Clyde Barrow stole my heart. Criminal he is, engrossing and mad, from him I never want to be apart.” Bonnie Parker

Die dag van hulle dood is hulle lyke deur die strate gery en mense het hulle soos helde gegroet. Hulle begrafnisse was soos die van koninklikes. En steeds kan mense regoor die wêreld nie genoeg van hulle kry nie. Ten spyte daarvan dat hulle verskeie mense vermoor en beroof het. Daar is ’n museum, Bewonderaarsklub, verskeie boeke, flieks, reekse en selfs ’n jaarlikse Bonnie en Clyde fees – in Amerika die land van hulle geboorte en sterfte. Daar is reeds beplannings vir ’n 100 jaarfees in 2033.

Ander interessanthede

  • Die motor waarin hulle gesterf het, kan besigtig word by ’n casino in Las Vegas
  • Bonnie Parker was ’n talentvolle skrywer en digter wat gereeld vir plaaslike koerante geskryf het.
  • 130 rondtes ammunisie is deur 6 Polisiemanne op die motor afgevuur
  • Die geweervuur het die Polisiemanne tydelik met doofheid geslaan
  • Bewonderaars het ’n monument ter ere van die twee geliefdes opgerig – op die plek waar hulle gesterf het.
  • Bonnie het ernstig seergekry tydens een van die rooftogte. Sy is egter nie deur ’n Dokter behandel nie en kon beswaarlik loop dus het Clyde haar meestal gedra.
  • Hulle was eintlik swak rowers met min inkomste uit die geroofde goed.
  • Bonnie en Clyde is apart begrawe – haar Ma het geweier dat hulle saam begrawe word.

Bonnie en Clyde leef voort

2 Comments

  1. elsabeskryf

    28 August 2023 at 8:16 am

    Vreemd genoeg nooit oor hulle opgelees nie. Weet net van die band tussen hulle. Hierdie was nou interessant.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      28 August 2023 at 9:15 pm

      Hulle storie is eintlik ‘n nagmerrie vir ouers dink ek

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.