Land van liefde
Land van liefde, ryk geskiedenis sensuele musiek, mooiste taal en lekkerste kos. Dit is Frankryk. Die land waarvan Ena Murray so graag geskryf het in haar liefdesverhale.
Bonjour Madame et Monsieur, Mademoiselle!
“A walk about Paris will provide lessons in history, beauty, and in the point of Life.” – Thomas Jefferson
Frankryk is ook die gasheer van die Olimpiese Spele in 2024
Dit was in my jongmens dae ’n land van misterie, Aantreklike Edelmanne, Paleise, swaardgevegte, perde en partytjies. Ek het myself ingeleef in die stories. Ena Murray sou Franse gesegdes in haar stories inweef. Frankryk was ’n droom wêreld vir ’n jongmeisie in die 1970’s en 1980’s met boeke wat stories laat lewe kry het.
“Il n’est rien de réel que le rêve et l’amour.” – Nothing is real but dreams and love. – Anna de Noailles
Ek wou met alle mag Frankryk toe gaan
Dalk vir myself ’n Franse edelman losslaan en saam met hom op ’n perd die vlaktes binne ry. Eet aan die Franse hof in Versailles. Fynproewer geregte. Mooi klere dra. Ek kon nie dink aan ’n mooier en meer romantiese plek op hierdie planeet nie. Onthou daardie jare was daar nie internet nie. Frankryk was tussen die blaaie van my storie boeke vasgevang en my drome het vlerke gekry.
“I had come to the conclusion that I must really be French, only no one had ever informed me of this fact. I loved the people, the food, the lay of the land, the civilized atmosphere, and the generous pace of life.” -Julia Child
Die Internet het sy opwagting gemaak
Met die koms van die Internet was Frankryk nou binne bereik. Net ’n vingerpunt vêr – rusbank reisiger. Ek het die plekke gaan opsoek van my Ena Murray boeke. Hulle was steeds daar en selfs mooier as wat ek gedink het. Ek wou meer weet van Parys en die Edelmanne. Wat ’n teleurstelling. Die Internet het my drome gesteel. Ek het die een dokumentêr na die ander gekyk en die artikels verslind.
Die realiteit
I like Frenchmen very much, because even when they insult you they do it so nicely.” – Josephine Baker
“Parbleu FAT!” Ek was in die plaaslike Franse bakkery om ’n vars baguette te koop. Ek draai om en sien hierdie Fransman agter my. Hy praat met ’n ander Fransman terwyl hy na my beduie. Fat, Fat, Fat opgevolg met verskeie Franse woorde – dink dit was vloekwoorde. Bewend het ek die baguette gevat en omgedraai. Onbeskofte vent. Ek sukkel om die deur oop te maak, “Merci Madame”. Ek kyk vererg op. Dieselfde Fransman gee my beursie aan wat ek in die harwar op die toonbank vergeet het. Hy maak die deur oop en glimlag.
Frankryk se Edelmanne bestaan nie meer nie
Die edelmanne het plek gemaak vir ’n baie divers Frankryk – bykans onherkenbaar. Die paleis Versailles is wel nog daar en so ook die Guillotine waarmee die mense onthoof is tydens die Franse Rewolusie van 1790. In 1977 het die laaste kop gerol van die gevreesde guillotine. Bloeddorstig. In verskeie dokumentêre vertel hulle van die Franse se liefde vir protes optogte. Blykbaar hou hulle ook nie baie van werk nie en is hulle nie van die skoonste mense nie. Agge nee ek wou dit nie weet nie. Waar is die romantiese Edelmanne van my boeke?
Die vrouens dra modieuse klere – weg is die koninklike rokke en haarstyle is Westers. Rook en drink is soos die nasionale sport.
Die Franse geniet die lewe
“The flavors melted in my mouth- warm chocolate and melted butter and the flaky sweet crust. This was what I loved about France. A keen appreciation for the simplicity and sweetness of life. The French seemed to savor their minutes along with their food.” –Melanie Dobson
Hulle leef stadig en maak van elke ete ’n geleentheid. Selfs in die skole word kinders geleer dat kos geniet moet word saam met familie en vriende. Egte Franse kos staan uit bo die res. Frankryk is immers waar kos ontdek en ontwikkel is. Dit is steeds die land wat die beste Chefs ter wêreld oplewer. Ek het ’n kort kursus in Franse kookkuns gedoen en was verbaas oor die eenvoud waarmee kwaliteit kos opgedis word. Net die beste bestanddele word gebruik met uitsonderlike tegnieke.
Franse musiek is tydloos
Dink aan Edith Piaf met haar sensuele stem. Mens hoef nie die taal te verstaan om die musiek te geniet nie. Saam met die musiek is Frankryk se teaters in hulle eie klas – ietwat stout. Franse is bekend vir hulle elegansie – nie vir hulle kuisheid nie.
Dan is daar ook die historiese geboue soos die Paleis van Versailles, die Eiffel toring en die talle Chateaus wat terug dateer uit die 1700/1800. Die tyd waaroor Ena Murray so graag geskryf het. Die natuurskoon van veral die platteland. Land van liefde
“Frankryk is beeldskoon – Nataniël”
scrapydo2.wordpress.com
30 July 2024 at 7:45 amStaan mens regtig in daardie ou gerestoreerde paleise voel mens nogal aangedaan om als so te sien en te beleef. Ek’s bly die geboue word nog onderhou en gee geleentheid om die geskiedenis te herleef.
Amandaskrywer
4 August 2024 at 5:41 pmGeskiedenis is kosbaar en moet bewaar word. Ek dink dit is wonderlik om in die voetspore te loop van diegene wat voorheen daar geloop het.