Oorgeklankte TV reekse

Oorgeklankte reekse
Oorgeklankte TV reekse uit die 1970’s en 1990’s. Daar was baie reekse op TV wat uit ander lande oorgeklank is vir die Afrikaanse mark. ‘n Klompie kunstelinge van my het ek weer gaan opsoek met die koms van die Internet. Die oorspronklikes met die taal waarin hulle gemaak is het my verbaas. Ek het meer van die oorgeklanktes gehou. Dalk omdat ek nie die tale ken en verstaan nie of dalk omdat die oorgeklanktes soveel nostalgie bevat?
Oorgeklankte TV reekse
Hier is net ‘n paar van die reekse waarna ons so graag gekyk het. Wat was jou gunstelinge?
Angelique (Angélique, Marquise des Anges)
Oorgeklank uit Frans. Angelique was ietwat gewaagd met sy stout tonele. Edelmanne met gepoeierde pruike en pragtige meisies in die mooiste klere uit die dae van die Franse rewolusie. Weelde, kastele, perde, danse. Die reeks is laataand uitgesaai weens sy gewaagde inhoud. Ons was nog op skool en het sitkamer toe gesluip om dit te kyk. Dit was soort van deel van die fantasie van die Ena Murray boeke. Romanse oor die ryk en arm klas.
Man van staal (Man of Steel)
Lee Majors was in die hoofrol en die man kon enige iets doen. Vinnig, soepel. Wat ‘n mooie man! Die reeks is uit Engels oorgeklank en is oorspronklik uitkomstig vanaf Amerika. Hollywoord. Dit was net ‘n lekker reeks om na te kyk.
Derrick (Derrick)
Oorgeklank uit Duits. Steeds een van die beste misdaad reekse. Derrick was ‘n ouerige man wat met sy jong assistent elke misdaad opgelos het wat in sy hande beland het. Elke episode was vol intrige. Spanningsvol met tikkies humor. Die reeks het gehardloop vanaf 1974 tot en met 1998. In 2013 het ‘n historikus bekend gemaak dat Horst Tappert wat die rol van Derrick vertolk het gejok het oor sy deelname aan WW2. Volgens Horst was hy deel van die medici van die Weermag. Alle heruitsendings van Derrick is na die ontbloting gekanseleer.
Alf (ALF)
‘n Vreemde wese vanuit die buitenste ruimte neem sy intrek by ‘n gewone gesin en sorg vir groot mannewales. ‘n Goedvoel familie storie. My kinders was gek daaroor en ek het dit ook prettig gevind. Oorspronklik uit Engels vertaal. Amerikaanse reeks.
Groenie die drakie ( Grisù )
Oe ons was almal gaande oor Groenie die drakie wat so mooi Afrikaans kon praat. Oorspronklik in Italiaans. Groenie wou bitter graag ‘n brandweerman wees. “Ek wil ‘n brandweerman wees! ‘n Brandweerman!”
Goeie Môre Alaska (Northern Exposure)
Amerikaanse reeks in Engels. Die reeks het gewentel oor ‘n mediese student wat in Alaska opeindig om sy studente skuld af te betaal. Ek kon my verkyk aan die pragtige sneeu tonele en die gesellige kuier om die kaggelvuur.
Reis verder:
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment