Die gevaar uit die Ooste

0
(0)
indepth

Die gevaar uit die Ooste

Die gevaar uit die Ooste. Vandat ek kan onthou is dit die woorde wat elke politikus en gewone mens geuiter het. Die gevaar uit die Ooste. Hulle gaan die wêreld oorneem en verwoesting saai. Mense draai nie doekies om nie. Die gevaar is volgens die westerse wêreld die rooi kommunis – China.

Westerse lande is gefokus op China

China moet gekeer word. Ten alle koste. Hulle is die grootste gevaar wat die ekonomie en die sekuriteit van die Weste bedreig.So hou dit al vir jare aan. Politici is dit eens. China is die probleem.So steek daar enige waarheid in? Moet ons begin deur die grense te sluit vir Chinese? Kom ons kyk bietjie na die feite.

Terroriste aanvalle

Die Internasionale Statista hou rekord van terroriste aanvalle en volgens hulle is die statistieke die volgende:

Die world trade centre aanval is in die eerste plek met die grootste lewens verlies. Aanvallers was Moslem ekstremiste.

Hamas (moslem ekstrimiste) se aanval op Israel in 2023 is die 4de grootste terroriste aanval.

Vir ‘n volledige lys van terroriste aanvalle en wie daarvoor verantwoordelik was, besoek Statista. Dit is dus duidelik dat nie een van die aanvalle deur Chinese ekstremiste gedoen is nie.

Die ekonomie

Amerika is die grootste ekonomiese moondheid met China kort op sy hakke. Ons spot altyd daarmee dat als in China vervaardig word van koffie bekers tot die druk van die Bybel. Dit is weliswaar so dat China van goedkoop arbeid gebruik maak. Dit is ook so dat China weet hoe om sy ekonomie te versterk. Maak dit hom dan gevaarlik?

Westerse lande is blind

Terwyl die fokus op China is kyk die Westerse lande die werklike gevaar mis. Ekstremiste uit die Ooste – Iran, Irak, Syria. Afghanistan en meer. Hierdie lande maak geen geheim daarvan dat hulle die Weste wil vernietig nie. Hoekom is dit dan so dat die Weste verkies om dit nie raak te sien nie?

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading