Kothuis tuine met groente en kruie

Kothuis tuine met groente en kruie

Kothuis tuine met groente en kruie was in die depressie jare baie gewild omdat dit so prakties was. Kothuis tuine het sy ontstaan in Engeland gehad toe werkers klein stukkies grond gehad het waarop hulle huisie gestaan het. Geld en kos was skaars en die werkers het die grond bewerk en blomme, plante sowel as eetbare vrugte, groente en kruie geplant om te oorleef.

Vooruitgang?

Deur die jare het moderne gestruktueerde tuine ontstaan met geharde plante terwyl vars groente, vrugte en kruie in die winkels aangekoop is. Mense het dus afhanklik geword van winkels om hulle te voorsien van vars produkte. ‘n Mens kan jouself die vraag afvra of dit werklik vooruitgang was.

Kothuis tuine uitleg

In teenstelling met moderne tuine is kothuis tuine dig begroeid met ‘n mengsel van eetbare en ornamentele plante. Daar is ‘n tipe romantiek aan kothuis tuine. Dit kan soms half deurmekaar voorkom en dis juis waar die mooi van kothuis tuine vandaan kom.

Terug na die begin

Deesdae keer baie mense in veral Engeland terug na kothuis tuine en nie almal doen dit met finansies in die oog nie. Hierdie tendens om praktiese tuine te skep het veral ‘n hupstoot gekry met mense wat nou in al hoe kleiner spasies woon. Balkon en kombuis tuine is nou baie gewild. Veral tydens COVID het baie mense begin tuinmaak. Daar is ook terapie in tuinmaak en om ‘n tamatie af te pluk en eet doen jou siel goed. Mense reg oor die aarde begin nou terug keer na ‘n meer praktiese simplistiese bestaan.

Ek is ‘n beginner tuinier.

Dis ‘n skande. Ek het eers meer as ‘n jaar gelede begin tuinmaak en daar is nog baie wat ek moet leer. Ek wou iets meer opwindend hê as die gewone eentonige tuine wat almal dieselfde lyk. Tydens my soektog op die internet kom ek toe op kothuis tuine af en net daar vind ek aanklank.

Volgende keer wys ek julle hoe my kothuis tuin vorder. Hou hierdie spasie dop.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.