Tik Tok die Afrikaanse gevaar

0
(0)
indepth

Tik Tok die Afrikaanse gevaar

Tik Tok die Afrikaanse gevaar. Tik Tok is nie ‘n “ding” vir my nie. Eintlik is ek nie mal oor enige sosiale media nie. YouTube bly egter ‘n gunsteling.

Dis ‘n onrustigheid dat laerskool kinders by die skool blootgestel word aan die Internet en spesifiek aan sosiale media. Dis deel van die leerplan. Dit is wel onafwendbaar dat die kinders ook by die Internet en sosiale media betrokke sal raak. Is dit egter nodig vir 8 jariges?

Afrikaners is lankal reeds besig om op Tik Tok naam te maak met komedie soos Bouwer Bosch en Themba Robin wat humor meng met aktuele sake. Selfs voorheeen onbekendes laat mense lag. Dis nou totdat Joernalis Mariska Coetzer van Devilsdorp by Tik Tok ‘n draai gaan maak het en die donker kant van Tik Tok in Afrikaans ontdek het

Tiek Tok Boem

Ek word nie maklik geskok nie maar die program op Showmax genaamd Tiek Tok Boem het my meer as net uit my skoene geskok. Dit het my ook bekommerd gemaak oor die kinders en jongmense wat hierdie Tik Tok sterre aanhang. Dis ‘n gevloekery, rondslapery met ander Tok Tok sterre se vrouens, selfmoord en moord aanhitsing en ook een Ma wat ‘n ander se dogter teen haar opgesteek en vervreem het. Ek het in my hele lewe nog nooit so iets gesien nie. – en dit alles in Afrikaans. Hoe op dees aarde?! Vir wat? Geld?

Selfs Mariska is geskok

Bogenoemde joernalis het al alles gesien en beleef en selfs sy is tot in haar diepste wese geskok. Sy vra tereg waar gaan dit alles eindig want dit is ‘n tragedie wat wag om te gebeur. Iewers gaan iemand dit oor die rand van die afgrond neem met tragiese en selfs kriminele gevolge.Tiek Tok Boem is ‘n program wat almal moet kyk. Sit deur die vloekwoorde en onheilighede en sien die donker kant van Afrikaanse Tik Tok. Kyk die Trailer hier

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading