Goeie raad op ‘n skinkbord

0
(0)
goeie raad

Goeie raad op ‘n skinkbord? Wel ja soort van. Daar is goeie raad en wysheid op die Internet. Die Internet het ook baie goeie dinge om te lewer. Behou die goeie dinge…

Die krag van Gebed

Ouers voel dikwels magteloos om hulle kinders te beskerm teen die aanslagte van die bose.Ons is egter nie magteloos nie. The War room is ‘n kragtige film oor die krag van Moeders wat bid vir hulle gesinne. Die film is gegrond op die lewe van Rhonwyn Kendrick – ‘n Ma wat elke dag by haar kombuistafel bid en met God praat en haar gesin red. Christelike boekwinkels hou die DVD aan vir ‘n nominale fooi. Aaangrypend, kragtig en ten sterkste aanbeveel.

Jy kan enige iets doen

Zimbabwe wasn’t on Google Street View until this man volunteered to map it himself is ‘n video van ‘n man van Zimbabwe wat dinge in sy eie hande geneem het nadat hy besef het dat Zimbabwe nie op Google se kaart stelsel is nie. Gewapen met ‘n geleende kamera het hy die bykans onmoontlike vermag. Soms lyk dinge onmoontlik totdat ons die berg stuk vir stuk begin uitklim.

19 Briljante Stukkies Raad

‘n Joodse Ouma deel haar lewenslesse en raad rondom kinders, geld, leefstyl, Hierdie video het soveel waarhede in en dinge wat ek ook in my lewe toepas. Eenvoudige goedkoop maniere om geld te spaar, tuisgemaakte etes, waardes. Soveel waardevolle lesse.

Moenie mense die voordeel van die twyfel gee nie

Dr. Phil het nog nooit doekies omgedraai nie. Why Dr. Phil doesn’t believe in giving people the benefit of the doubt. In hierdie video vertel ons gunsteling Dr. Phil waarom jy mense nie blindelings kan vertrou nie en waarom sy of haar verlede saak maak.

Raad oor die vrees vir verwerping

Melissa Peer is ‘n sielkundige wat mense leer hoe om die aanslae van die lewe te hanteer. In die video 5 Tips To Help You Deal With Rejection deel sy haar raad oor hoe om kritiese mense in jou lewe te hanteer.

n Vloot offisier se lewens wysheid

Admiraal McRaven se motivering toespraak by die Universiteit van Texas word wyd geprys as een van die beste toesprake van ons leeftyd. Hy vertel onder andere waarom dit uiters belangrik is om elke oggend jou bed op te maak. Dit mag simpel klink maar sy verduideliking maak beslis sin. Die video sal jou inspireer. Ek kyk dit elke nou en dan sodat ek gefokus kan bly.

Mens is nooit te oud of the jonk om nuwe dinge te leer en na goeie raad te luister nie!

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading