Handgemaak of gekoopte goed

Handgemaak of gekoopte goed
Handgemaak of gekoopte goed. Dis deesdae so maklik om enige iets te koop. Winkels is oorversadig met aanloklike goed. Dit sal ons lewens soveel makliker maak en ons beursie skraler. Aanlyn winkels bied die gerief om enige iets te koop sonder om ‘n voet by die deur uit te sit.
Welkom by teetyd kuiers waar ons lekker gesels oor alles en nog wat.
Die kinders van vandag weet nie van wag, spaar en handgemaak nie. Dalk veralgemeen ek nou. Eintlik ervaar ek bietjie heimwee dat die kinders dink dat sukses en geluk in die winkels te vinde is. Vermaak slegs op fone en Televisie is. Wag nou dwaal ek ietwat van die punt af. Waar was ek nou weer?
Oja, handgemaak
Ek het graag saam met my Ouma op die bank gesit en hekel. Dit was so spesiaal om langs Ouma te sit en te help hekel aan die blokkies kombers. Gekleurde blokke met niks wat bymekaar pas nie en terwyl ons hekel vertel Ouma stories van haar kinderjare, WW2, haar jare as ‘n onderwyseres, die depressie jare. Ek kon my verkyk aan hoe vinnig haar hande hekel. Vier blokke vir een van myne. Dis mooi Amanda, dis lekker om iets self te maak. Dit maak mens trots. Eendag sal jy nog die waarde van handgemaakte goeters waardeer.
Daardie blokkies kombers koester ek steeds
Niks kom by handgemaakte goed nie. Nostalgie, herrinneringe, spesiale oomblikke saam met Ouma, samesyn. Dis nie asof ek nooit iets moois in die winkel koop nie. Dis net dat dieselfde waarde nie aan winkelgoed geheg kan word nie. Wel miskien tog in sekere gevalle. Ek dink nou sommer aan die eenvoudige dog kosbaare dinge wat deur die jare as geskenke aan my gegee is. Dit het ook ‘n ereplek in my huis. ‘n Blikkie hier en ‘n kersie daar. Elke keer wanneer ek die kersie aansteek dink ek aan die mens wat dit gegee het.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment