Afrikaanse gesegdes

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

Afrikaanse gesegdes

Afrikaanse gesegdes. Ons het so ‘n ryk geskiedenis met ‘n taal wat vir geen ander hoef terug te staan nie. Geniet die volgende gesegdes.

Waarhede – op ‘n mooi manier

  • Nie ‘n A voor ‘n B ken nie – Glad nie geleerd wees nie.
  • Die geel baadjie aanhê – Jaloers wees
  • Elkeen is baas op sy eie erf (plaas) – Elkeen kan in sy eie huis maak soos hy wil.
  • Iemand se aandele styg/daal by iemand anders – – Iemand kry ‘n gunstiger/slegter indruk van iemand anders.
  • Jou brood in die sweet van jou aangesig eet – baie swaar ‘n bestaan maak
  • Elkeen is baas op sy eie erf (plaas) – Elkeen kan in sy eie huis maak soos hy wil.
  • Elke voël sing soos hy gebek is – elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte
  • Die mens wik; God beskik – die mens oorweeg wel hoe om dinge te doen, maar God bestuur ons weë.
  • Een voël in die hand is beter as tien in die lug. – Dis beter om tevrede te wees met ‘n bietjie waarvan jy seker is, as om baie waarvan jy onseker is in die hande te probeer kry.

Pittighede – tong in die kies

  • ‘n Gegewe perd moet jy nie in die bek kyk nie – ‘n geskenk moet jy nie kritiseer nie.
  • Dis ‘n goeie sluk op ‘n bottel. – Dis baie
  • Balke saag – Snork.
  • Liewer bang Jan as dooie Jan – Liewer lafhartig as dood.
  • Al is ‘n pot nog so skeef, hy kry ‘n deksel – die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou.
  • Met ‘n bek vol tande staan – Bedremmeld staan en nie weet wat om te sê nie.
  • Praatjies vul geen gaatjies nie – met ‘n blote gepraat rig ‘n mens nie veel uit nie.
  • Jou eie beuel blaas – Jou eie roem verkondig.
  • Dit sal gebeur as die perde horings kry. – Dit sal nooit gebeur nie.
  • Lyk soos ‘n vlieg wat in karringmelk geval het – spierwit aangetrek wees
  • Die kinders sit en tande tel – die kinders sit en luister wat die grootmense praat.

VIVA Afrikaans! Mooi so!

Explore / Reis verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook. Double the fun!