Geure uit my kruie tuin
Geure uit my kruie tuin vul my hart met vreugde. En wanneer ek my eie kruie in my kos gooi smaak dit soveel lekkerder.
Kruie in die 70’s
Miskien was dit net met ons die geval. Julle moet my tog laat weet hoe julle dit ervaar het. Hoe het julle en of julle ouers die kos gegeur? My Ma het sout en peper gebruik en Pietersielie. Dis die enigste krui waarvan ek weet en kan onthou uit my grootword jare. My Ma het ‘n hele bos daarvan in haar tuin gehad. Die krulbaar ene. Dit was eers jare later wat ek kennis gemaak het met ander kruie.
Die geur ontploffing
In die laaste 10 jaar het ek baie bewus geword van allerhande kruie en speserye en besef die kosse wat ons maak kan selfs lekkerder proe met ander kruie en speserye. Gloeilamp oomblik. Ek het begin eksperimenteer en kursusse gedoen oor kruie en speserye en ander geur middels vir eet en drinkgoed. Daar is meer as net Hoender en Braaivleis speserye.
So maak ek
Twee jaar gelede het ek intens in kruie begin belangstel en besluit om my eie kruie te plant. Wat ‘n avontuur. Sommiges was meer suksesvol as ander. Ek het begin met pietersielie uit my kinderjare en stelselmatig oorgegaan na Rosemary, Basil en Mint. Daarvandaan het ek meer avontuurlustig geraak.
Tesame met kort eendag kook kursusse het ek ‘n nuwe heelal ontdek.
Geure uit my kruie tuin
Ek het basiese kruie op my kombuis vensterbank vir elke dag se gebruik. Basil, Tiemie, Pietersielie (beide die plat en die krul blaar) En om bietjie kleur te verskaf ‘n Strawberry plantjie. Te lekker om ‘n vars strawberry so van my eie plantjie af te pluk en eet.
My kruietuin is by my agterdeur waar ek soggens my oggend tee drink. Die geure wanneer ek in my kruietuin instap is elke keer ‘n nuwe ervaring. Die verskillende geure vermeng soos die wind dit waai en wanneer ek rondstap in my tuintjie verander die geure soos ek verby loop. Volgende op my lys is ‘n basiese groente tuin so tussen my kruie. ‘n Volledige eetbare tuin. Dit is ‘n pret projek vir 2022.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you