Die geskenk wat aanhou gee
Die geskenk wat aanhou gee is opbouend, verskaf vreugde, kleur, geur, smaak, kuns, sprokies mooi en God gegewe en dis gratis vir almal om te geniet. Dis so openlik en tog kyk ons dit so maklik mis en steeds deel dit geskenk op geskenk uit.
“In every walk with nature one receives far more than he seeks.” –John Muir
Plante, Bome, Blomme, Kruie, Grasse – so baie geskenke van Bo. Daar is so baie om te geniet. Die groen maats gee en gee sonder om iets terug te verwag. Elke winter breek sneeuvlokkies deur my grasperk en verras my met die mooiste wit blommetjies en na die winter verdwyn hulle weer onder die grond tot volgende jaar se winter.
“A weed is but an unloved flower.” ― Ella Wheeler Wilcox
Soggens wanneer ek gaan stap verkyk ek my aan die verskillende bome en plante – sommige lowergroen en ander wat swaar dra aan die blomme. Selfs die wat wild op die sypaadjies groei of deur sement breek het iets mooi aan hulle. Ek kan my verkyk aan die verskillende vorms, kleure en geure. Elkeen met sy eie unieke geskenk papier.
“Alone with myself
The trees bend to caress me.
The shade hugs my heart.”― Candy Polgar
Bome is die leeu van die natuur. Hulle toring uit bo die ander groen geskenke. Sommige het lang slanke bene soos die bloekomboom met sy gladde voorkoms en al is dit ’n indringer boom is hy steeds iets om na te kyk.
The Overstory van Richard Powers is ’n boek oor bome – hulle lewe en hulle plek in hierdie wêreld. Ons geniet die skadu wat hulle gee, die fantasie en wegkruipplek wat hulle bied. Selfs die blare wat afval verskaf plesier aan diere en kinders wat daarmee speel.
Vincent Van Gogh – “If you truly love nature, you will find beauty everywhere.”
scrapydo2.wordpress.com
26 September 2023 at 7:40 amVan Gogh is reg as hy sê:” If you truly love nature, you will find beauty everywhere.”
Amandaskrywer
1 October 2023 at 4:05 pmOja , elkeen behoort plantjies te plant en te sien hoe hulle groei.