Geskenk appels

RESEP DEUR
OPMERKINGS
Geskenk appels

Wat is beter as 1 appel? – ’n Bak vol appels natuurlik met ’n verrassing in die middel! Hierdie geskenk appels nagereg is vinnig en maklik om te maak en sal jou nie bankrot maak nie. Jy kan dit in ’n kits aanmekaarslaan wanneer die gaste aan jou deur klop of sommer net vir ’n bietjie warmte op ’n koue aand terwyl julle radio luister of TV kyk.
Bestanddele:
- Appels – hoe meer hoe beter. Spoel die appels af en maak droog met ’n afdroogdoek. Verwyder die skil en die pitte. Sny die appels in die helfte deur.
- Vla – jy kan dit self maak of self koop
- Rooi en groen kersies opgekerf – jy kan ook die nagemaakte kersies by ’n bak winkel koop.
- Dadels in groot stukke gesny
- Kaneel en suiker na smaak
- Foelie om jou geskenk appels mee toe te maak
Metode:
- Sit die oond aan op 180C en gooi vir jou ’n glasie Sherrie terwyl jy die appel gebak maak.
- Smeer ’n langwerpige bak met botter
- Plaas die appel helftes onderstebo en agterstevoor in die gesmeerde bak sodat hulle met die ronde vet kant onder lê. Sit vir elkeen ’n stuk dadel en kersies in die holte waar die pitte was. Draai die appels vinnig om in die bak sodat die dadel en kersies versteek onder die appel lê. Strooi kaneel en suiker oor en plaas ’n klontjie botter bo-op elke appel. Maak die bak toe met foelie.
- Bak in die oond vir ongeveer 30 minute of totdat die appels sag en ligbruin is.
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Haal die stomende lekkerte uit die oond en bedien warm met vla. Jy kan ook room bo-oor gooi. Ideal melk en klapper room werk net so lekker. Die geskenk appels vries baie goed so maak sommer baie op een slag want jou gaste sal hulle lippe aflek vir nog.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
4/5
OPMERKINGS
Baie lekker
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment