Franse uie sop met Jacques Pépin

RESEP DEUR
OPMERKINGS
Franse kookkuns
Titel: Franse uie sop met Jacques Pépin

Franse uie sop met Jacques Pépin: Franse uie sop is legendaries en natuurlik afkomstig vanaf Frankryk – die moeder van kookkuns. Chef Jacques Pépin het bekendheid verwerf deur saam met Julia Child ’n kookprogram op Amerikaanse Televisie aan te bied. Hy is in Frankryk gebore en woon in Amerika.
Bestanddele:
- 2 groot uie
- 1 klein Baguette
- 3 koppies hoender aftreksel
- 1 ½ koppie gerasperde Gruyere kaas of Cheddarkaas
- 1 teelepel Botter
- Olyfolie
Metode:
- Sny Baguette in snye en pak op ’n bakplaat en bak in oond tot goudbruin.
- Los 3 aftreksel blokkies op in 750 mℓ kookwater
- Sny die uie in growwe stukke op en braai in olie en botter totdat die uie gekaramelliseer is en ’n donker kleur het maar nie gebrand is nie. Ongeveer 10 minute op medium hitte.
- Voeg die aftreksel by, geur na smaak en laat prut vir 5 minute
- Plaas Baguette snye (minimum 3) onder in glas oondbakkies.
- Strooi ’n bietjie gerasperde kaas op die brood
- Gooi die aftreksel mengsel oor die broodsnye
- Sprinkel orige kaas oor
- Bak vir 25-30 minute by 200C tot goudbruin en krakerig. Gratinée beteken juis dit – krakerig of crispy in Engels
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Aangesien die sop in die bakkies gebak word, word dit ook daarin opgedien so mooi bakkies help met die versiering. Ek het die sop netso vir aandete geëet. Dit kan egter saam met slaai geëet word. Die keuse is joune.
- Uie sop is heerlik as ’’n hoofmaaltyd op ’n koue wintersdag of selfs in die somer. Smaaklike ete

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
4/5
OPMERKINGS
Ek was verras oor hoe lekker dit eintlik was. Ek het 1 punt afgetrek omdat die sop ’n bietjie dun was volgens my. Elke Chef maak dit anders en hierdie resep is bedoel om vinnig en maklik aanmekaar te slaan. Dit bly steeds ’n treffer
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
No racism, hate speech, explicit language.