Elke vrou moet dit ervaar

0
(0)
Elke vrou moet dit ervaar

Elke vrou moet dit ervaar in haar lewe: onvoorwaardelike liefde, ouerskap, aanvaarding, om bederf te word, vergewe te word, blomme te kry en sjokolade soentjies van kleinkinders.

My opinie

Hierdie is slegs my opinie en hoe ek dink oor dinge. Dis elkeen se eie keuse of hulle kinders wil hê en indien dit jou keuse is, vergesel my beste wense jou. Dieselfde geld ook vir diegene wat nie glo in liefde nie en nie hou van blomme nie.

Vrouwees

Ek het 6 jaar gelede Ouma geword en wat ‘n belewenis is dit nie. Dis heeltemal anders as wanneer jy jou kinders groot maak. Om Ouma te wees is meestal net lekker. Die verantwoordelikheid hang oor ander se skouers alhoewel daar steeds bekommernisse is.

Om ‘n Ma te word is ‘n kosbare ervaring: Daardie onvoorwaardelike liefde vir die groeiende mensie binne jou is onbeskryflik. Die warm lyfie teen jou bors en die wete dat hierdie lewende baba is joune en ook jou verantwoordelikheid. Soos hulle groter word kan dinge wel verander. My Ouma het altyd gesê: Wanneer kinders klein is trap hulle op jou skoot en wanneer hulle groot is trap hulle op jou hart.Steeds is dit ‘n wonderlike ervaring om ‘n nuwe lewe binne jou te voel groei en geboorte te gee en dis iets wat ek vir elke Ma gun.

Liefde

Om verlief te wees en daardie sweef oor die aarde gevoel te ervaar is nodig in ‘n vrou se lewe. Onvoorwaardelike liefde. Aanvaarding. Maak nie saak of jy net 1 keer hierdie liefde ontvang nie. Elke vrou moet op die malemeule van geluk al in die rondte gly.

Jammer

Almal van ons maak foute. Niemand is perfek nie. Elke vrou en elke Ma doen soms dinge wat ‘n geliefde se gevoelens seermaak en soms wil ons ook hoor: “Ek is jammer” en ander kere wil ons hoor: “Ek vergewe jou”. ‘n Ma en vrou wil voel sy maak saak.

Bederfies

Blomme is die natuur se skilderye en soms het ‘n vrou die behoefte aan erkenning en aanvaarding. ‘n Drukkie hier en blomme daar. Soos Bobby van Jaarsveld sing: “n Vrou wil dit hoor”.

Aan elke vrou, Ma en Ouma wil ek sê: Jy en jou gevoelens maak saak.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading