Ek wil liewer dood gaan
Dis die hulpkreet van die bejaardes in die ouetehuise regoor Suid Afrika wat tydens die Coronavirus toegesluit is. Dis nou reeds langer as 2 maande en daar is steeds geen einde in sig vir ons ou mensies se lot nie.
EK WIL LIEWER DOOD GAAN
Dis verskriklik waneer ons ou mense eerder verkies om dood te gaan as om nog een dag in hulle ouetehuise toegesluit te wees waar hulle geen besoeke van hulle geliefdes mag ontvang nie. Video’s en foto’s beteken nie veel nie, hulle het die behoefte om hulle kinders en ander geliefdes in lewende lywe te sien. Die oues se gemoeds toestande verswak by die dag en dit wil voorkom of daar van hulle vergeet is.
DIE MENS AGTER DIE BRIEF
Elsa Joubert (97), bekende skryfster het ‘n hartroerende brief geskryf oor die trauma wat die ou mense deurmaak tydens COVID 19 en die gepaardgaande inperking. Hulle vra nie veel nie, hulle wil net hulle mense sien oog tot oog al is dit agter glas. Video’s en foto’s kan nie die plek inneem van persoonlike kontak nie. Ek wil julle graag uitnooi om haar brief te lees. Dis rou, emosievol, eerlik en uit die hart uit geskryf. Die ACVV het intussen gereageer op die brief. Volgens my is dit ietwat toon doof. Gesels saam en laat weet hoe jy daaroor voel.
VASGEVANG TUSSEN TWEE VURE
Mense praat heeldag oor die balans tussen die virus en die ekonomie. Wat van die balans tussen die virus en ou mense se lewens en hulle dringende behoefte om hulle mense te sien voor hulle sterf. Is daar ‘n middeweg? Ek persoonlik dink daar kan ‘n middeweg gevind word as mense begin omgee vir die oues van dae. Dinge is nie altyd net swart of wit nie, soms kan dit ‘n skakering van albei wees.
Dit sal opoffering van die Personeel, inwoners en familie verg maar dit kan gedoen word.
VOORSTELLE OM DIT MEER DRAAGBAAR TE MAAK
- Rig ‘n plekkie in waar die ou mensie privaat met 2 familie lede op ‘n keer met mekaar kan gesels met ‘n deurskynende afskorting tussenin
- Baie oues kan nie regkom met Whattsup ens. nie – hier kan die personeel bietjie genade toon en tussen ganger speel met video’s en foto’s
- Laat familie toe om pakkies af te lewer. Moedersdag 2020 was vir sommige oues ‘n traumatiese dag toe geen pakkies toegelaat is nie blykbaar omdat dit Sondag was en die kantoor personeel dan nie werk nie.
- Moenie van die oues in die siekeboeg vergeet nie. Die Personeel moet menslikheid toon en hierdie mensies met deernis behandel deur hulle toe te laat om op ‘n foon met geliefdes te praat.
- Plaas druk op die Departemente om die reëls meer menslik te maak.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you