Ek kan nie sluk nie

Ek kan nie sluk nie
In 2010 het ek telkemale verstik en hiccups gekry wanneer ek eet. Eers het ek gedink dis my verbeelding. Ek het begin sukkel om enige iets af te sluk met daarop volgende hiccups. Dalk sluk ek net verkeerd. Daar sou dan weer ‘n paar dae verloop wat daar niks verkeerd was nie en my onrus sou bedaar. Tot die volgende keer. So het dit vir 3 maande aangegaan tot een dag wat ek en my jongste dogter poeding in die dorp gekoop het. Ek kon dit nie af kry nie en ek het besef daar is fout met my. Ek kan nie sluk nie.
Achalasia is a rare disorder of the food pipe (oesophagus), which can make it difficult to swallow food and drink.
Vir ‘n hele 11 maande is ek van die een dokter na die ander. Die een dokter het nie doekies omgedraai nie. “Jy is te vet, word maer dan sal jy weer kan sluk”. ‘n Ander dokter se mening was dat ek ‘n obsessie met sluk het. Sy raad: Vat ‘n hamburger en sluk dit. Moenie daaroor dink nie”. Was ek besig om mal te raak?
In 2011 het ek uiteindellik ‘n regte diagnose gekry: Achalasia is by my gediagnoseer. ‘n Heller Myotomy is binne 5 dae op my uitgevoer. In die jaar voor my diagnose het ek meer as 35 kilogram verloor – ek kon niks binne hou nie – nie eers water nie. Na die operasie kon ek vir die eerste keer weer sluk alhoewel ek alles met water moet afsluk.
Sluk is ‘n natuurlike ding wat ons elke dag doen.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment