Koffie, beskuit en kuier

Koffie beskuit en kuier

Koffie beskuit en kuier. Wat is dan lekkerder? Heilsaam. Goeie geselskap met ‘n koppie boeretroos in die een hand en tuisgebakte beskuit in die ander hand. Dis so eie aan Suid Afrika en sy mense. Ek lag te lekker vir die video’s waar oorsese mense beskuit probeer en omtrent hulle tande breek op die harde beskuit. Kan iemand hulle nie wys hoe om dit eers in koffie te doop voordat hulle ‘n kragdadige hap vat nie? Dit sal hulle die werklike tradisionele Suid Afrikaanse ervaring gee.
Die reuk van daardie eerste koppie koffie vroeg in die oggend, ‘n sagte diep gemakstoel met my jongste kleindogter (2) op my skoot terwyl sy haar karringmelk beskuit in die koffie doop. So ‘n eenvoudige ete – spesiaal gemaak met die kleintjie op my skoot en haar boetie en sussie op die rusbank terwyl ons almal smul aan beskuit – hulle hou van karringmelk beskuit terwyl ek volkoring beskuit met rosyne en neute geniet.
Die kinders druk sommer 2 of 3 beskuite in hulle koffie en laat die koffie intrek in die beskuit. Dan eet hulle dit met ‘n teelepel. Hulle hou glad niks van winkel beskuit nie – Ouma se beskuit is die beste in die Weste. Die tuisgebakte lekkernye word oneweredig gesny soos hulle daarvan hou.
Koffie, beskuit en kuier. Wat is dan lekkerder? Goeie geselskap met ‘n koppie boeretroos en tuisgebakte beskuit.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment