Dis tyd vir groot skool

0
(0)
dis tyd vir groot skool

Dis tyd vir groot skool vir my kleinkinders. Die een is opgewonde en die ander ene bang. Ek het gemengde gevoelens. Verby is hulle kleintyd en ek kry al my oggende terug.

Speel skool

My kleinseun het 2 keer in ‘n week ‘n speelskool naby my huis bygewoon. Vandat hy 2 jaar oud was. Maandae en Vrydae was skooltjie tyd met Tannie Christa. Aanvanklik het hy gesukkel en moes ek dikwels by hom sit totdat hy rustig was. Tot op ‘n dag wat ek hom kon aflaai en uitstap. Sy sussie het in 2020 by dieselfde skooltjie begin en toe tref die virus ons. Dus het sy nie soveel kere skool toe gegaan nie. Hulle het steeds Maandae en Vrydae by my gekuier en dikwels voldag.

Van speelskool tot groot skool

Verlede jaar het Boeta Graad R begin sonder enige probleme. Vir hom is dit lekker om skool toe te gaan. In 2022 gaan hy Graad 1 toe en Sussie na Graad R. Sy is bang en onseker. Sy sien wel uit na maatjies. Sussie maak maklik maats. By die parkie knoop sy maklik geselsies met ander aan. Boetie gaan vir die eerste keer skool uniform dra en alles is gekoop en reg. Sussie gaan nog gewone klere dra. Ouma het gesorg dat sy ‘n paar nuwe uitrustings het. Haar gunsteling is ‘n haarband met ‘n skoenlapper op.

Dis tyd vir groot skool

Dinge gaan nou begin verander vir hierdie Ouma en haar twee kleinkinders. Ons drie het groot pret deur die jare gehad. Ons is baie naby aan mekaar. Nou gaan albei groot skool toe en dis ook reg so. Die lewe staan nie stil nie. Ek kry my oggende terug wat meer vryheid vir my beteken en die kleintjies beweeg die wêreld binne en gaan nou hulle eie lewens begin. Ek sluk aan die knop in my keël.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads