Dit dryf my teen die mure uit

dit dryf my teen die mure uit

Dit dryf my teen die mure uit wanneer mense nie my tyd, my huis, my hond, myself en my grense respekteer nie. Dis asof etiket met Emsie nie meer bestaan nie. Of dalk is mense so self gesentreerd dat hulle net eenvoudig nie omgee nie.

Geen respek

Ek rook nie en niemand mag ook in my huis rook nie.’n sogenaamde vriendin het haar sigarette uitgehaal en in my huis aangesteek. Ek was verstom. Sy het na my toe gedraai en ewe lieftallig verklaar: “Ag ons is al jare pelle, jou nie rook reël is nie op my van toepassing nie”. Daar en dan neem sy toe ‘n lang teug aan haar sigaret en ek weet nie wat om te sê op daardie oomblik nie. Ons is nie meer vriende nie.

Ouer mense

Ek sien hoe sommige jongmense so op hulleself gefokus is. Hulle sien nie ‘n ou Oom wat staan in die bus terwyl die jonges sit nie.

Tyd

My tyd is kosbaar en wanneer ek met iemand ‘n afspraak maak vir sê nou maar 3 nm beteken dit presies dit. Nie ‘n uur vroeër of later nie. Mens verstaan heeltemal wanneer daar iets voorval. Darem seker nie elke keer nie?

Saamry

Onlangs het ek aangebied dat ek ‘n vrou sal op en af laai vir die weeklikse dans. Sy bly nie ver van my af nie en sy het nie haar eie vervoer nie. ‘n Jaar later wou ek teen die mure uitklim en het ek die saamry gekanselleer. Sy het mense saamgenooi sonder om vir my te vra, soms soveel as 3 ekstra mense. Haar tiener dogter was uiters disrespekvol en ek moes op my tande byt wanneer sy haar Ma voor my verskree het. Nou is ek versigtig om ooit weer my hulp aan te bied.

Positief

Gelukkig is daar nog vele mense wat ook ingestel is op tyd, goeie maniere en wat grense respekteer. Met hulle kan ek ‘n pad loop.

Altyd iets om oor dankbaar te wees

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.