Amandaskrywer nuusbrief uitgawe 8

0
(0)
amandaskrywer nuusbrief

Amanda verwelkom jou

‘n Hartlike welkom aan elkeen van julle en geniet Amandaskrywer Nuusbrief 8 van 2021. Ek vra verskoning vir die onderbreking in kommunikasie weens persoonlike noodsaaklikhede waarna omgesien moes word. Ek is egter terug agter die rekenaar en volstoom aan die gang. Dankie vir julle ondersteuning.

Nuutste inskrywing

Tuinkamers is hoe ek tuinmaak is die nuwe plasing op Amandaskrywer. Dit handel oor die uwe se tuinmaak avonture en in hierdie plasing gesels ek oor hoe daar tuingemaak word met verskillende temas vir verskillende dele van die tuin. ‘n Variasie van vroeër jare se tuine wat rondom die huis dieselfde tema gehad het.

Webblad

Die webblad is opgedateer tot die nuutste wordpress pakket.
Alle inskrywings is op datum gebring

Verskeie skakels wat nie gewerk het nie is herstel

Die Naguil roep

Bertie is ook terug met mening. Die naguil mini koerant verskyn elke Woensdag en bevat talle skakels na artikels/video’s en musiek wat julle die lesers se aandag sal prikkel. Bertie werk hard om vir sy lesers stories te bring wat in ‘n wye smaak val.

Onthou

COVID 19 is steeds met ons. Ons durf nie ons waaksaamheid verslap nie. Inenting teen die virus blyk ‘n sensitiewe kwessie te wees. Ek het myself laat inent en my opinie is dat daar meer wetenskaplike bewyse is dat die inenting keer dat mens dodelik siek word van die virus as wat die inenting mense soos vlieë laat doodgaan. Ek glo nie aan al hierdie “conspiracy” stories wat die rondtes doen nie.Elkeen is geregtig op sy eie opinie.

Engelse Webblad

Let’s make tea is my ander webblad in Engels. Besoek dit gerus vir die nuutste artikels. Let’s make tea is ‘n webblad waar oor alledaagse dinge gesels word asook dinge van Internasionale belang. In teenstelling daarmee is Amandaskrywer gemik op Afrikaans sprekendes en Suid Afrikaanse belange.

Groete uit die Tuinroete. Mag al jou drome waar word en jou drake verslaan word. Tot volgende keer.

Amanda

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading