Die geskiedenis agter Aarbeie

Die geskiedenis agter Aarbeie. Geskiedenis? Was aarbeie nie maar net nog altyd daar nie? Kom ons gesels aarbeie. Ek hou van geskiedenis en feite en nou een dag verskyn daar op my YouTube ‘n video getitteld The Unbelievable History of Strawberries . Dit prikkel dadelik my belangstelling en ek kyk dit dadelik. Mens aanvaar dinge so maklik as vanselfsprekend en bevraagteken so min. Aarbeie kom al deur baie jare aan.
1000de jare gelede
Aarbeie is jare gelede as wilde vrugte in woude ontdek en as medisyne gebruik. Die Romeine het aarbeie opgeteken so vroeg as in die 14de eeu. Selfs sonder hedendaagse media het die nuus versprei van hierdie super vrug. Frankryk het nie op hom laat wag nie.
Frankryk se aarbeie
Dit is alombekend dat Frankryk die skepper van kospraktyke is. Frankryk se koninklike geskiedenis het ‘n groot rol hierin gespeel. Die Konings van Frankryk was bekend vir hulle oordadige eetgewoontes. Nadat Koning Charles in die 1300’s van aarbeie te hore gekom het, het hy duisende plantjies na Frankryk laat kom en hulle in die koninklike tuine laat plant. Koning Henry V111 sou jare later aarbeie en room aan sy gaste voorsit. Aarbeie was gesien as die nagereg van die rykes en koninklikes. Armes was verbied om aarbeie te plant of te eet.
Aarbeie vir almal
Teen die einde van die 1600’s het Frankryk en Noord Amerika saamgespan om die algemene tuin aartbei te skep wat nou regoor die aarde geniet word. Drie sub spesies is met die jare ontwikkel. Met die aanvang van die 1800’s het aarbeie ook op die borde van gewone mense beland. In 2019 is 9 miljoen ton aarbeie geproduseer waarvan Sjina die grootste produsent is.
Aarbei feite
- Aarbeie is nie eintlik bessies nie.
- Water maak 91% van die aarbei se lyf uit
- Wilde aarbeie is ietwat soeter as die mak gemaakte hedendaagste aarbei.
scrapydo2.wordpress.com
29 July 2022 at 10:24 amVandag se aarbeie is minder soet as ‘n paar jaar gelede. Of hul baie smaakloos geword het.
Amandaskrywer(Aduppie)
29 July 2022 at 11:37 amDit is beslis so. Volgens die kundiges is die aarbeie wat ons vandag eet nie meer die gehalte van die oorspronklike aarbeie nie – weens massa produksie