Corona dagboek Week 3
Corona dagboek WEEK 3: Sondag 29 Maart – Saterdag 4 April 2020
Sondag 9 Maart 2020 – Dag 3 van lockdown
Vandag was ek lus om iets te doen en het besluit om my gazebo aanmekaar te sit sodat ek voor in die koelte kan sit want dit raak vrek warm daar. Tot my skok moes ek sien dat die gazebo pype geroes is. Ek kon nie so gou opgee nie en het probeer om van 2 gazebos een te maak. Dit het my ‘n goeie 4 ure besig gehou en net toe ek dink ek het die stryd gewen, breek twee van die pype – geroes. Ek moes dit toe opgee vir ‘n bad job – vir nou. Ek moet elke dag iets doen en nie heeldag leeg lê nie. Dis belangrik om jou brein en lyf aan die gang te hou. Die infeksies in Suid Afrika het gestyg tot 1280 met 2 sterftes.
Maandag 30 Maart 2020 – Dag 4 van lockdown
Ek het vandag optimaal benut deur te begin om my court yard tuin langs die skuifdeur skoon te maak. Dit was nou vir jou ‘n job en ‘n half. Ek was so geinspireer dat ek sommer ook die baba kot van die kleintjies wat al maande onder my afdak by die braaiplek staan vrou aleen gesleep/dra het tot by die garage waar hy uit my pad is en ‘n nuttige pak plek is vir my oorskiet hout en gereedskap. Die tuin by die skuifdeur begin weer vorm aanneem. Ek is sommer opgewonde oor al die idees in my kop. Suid Afrika se infeksies staan nou op 1326 met 3 sterftes. My Ma klink darem nog heel goed. Ek dink dit help dat ons drie dogters haar elke dag bel.
Dinsdag 31 Maart 2020 – Dag 5 van lockdown
Vandag het ek nogals hard gewerk in my tuin. Ek het die plaveisel steentjies by die skuifdeur skoon gemaak en die oorgroeide grasse aan die voorkant van die huis bietjie onder hande geneem. Ek en Millie my hondekind stap ‘n paar keer op ‘n dag vorentoe en dan sit ons voor en kyk sommer die voëls op die telefoon drade en die paar motors wat so nou en dan verby kom. Sommige mense dra maskers, blou ander wit. Hulle lyk somber.
My Bure
My bure aan die agterkant het altyd sulke lekker partytjie musiek gespeel saans vir ‘n uur of so, maar nou is dit maar stillerig. Die kenners praat van 6 tot 12 maande voordat ons lewens weer na normaal sal terug keer. Dis ‘n vreemde gevoel. Ek hou vol met my meditasie en Taichi – dit hou my brein en siel gesond. Ons bevestigde gevalle staan nou op 1353 met 5 sterf gevalle.
Dinsdag 1 April 2020 – Dag 6 van lockdown
Positiewe gevalle: 1380 Sterftes: 5
My kleindogter het vandag 4 jaar oud geword en ek het vir haar ‘n koek gebak volgens haar bestelling: ‘n twinkle star koek. Ek het klein pizzas ook gebak sommer net vir ‘n lekker partytjie so midde in die isolasie tydperk. Dit was omtrent ‘n geheime missie om die eetgoed tot by hulle huis te kry sonder dat die kleintjies my gewaar en ‘n geraas maak. Ek moes eers my dogter laat weet dat ek ry by die huis sodat sy die kinders kan besig hou.
Daar aangekom het ek die eetgoed in hulle motor se bagasie bak gepak en huis toe gery. Tuis aangekom het ek weer ‘n boodskap gestuur dat ek die goed suksesvol afgelewer het. Kort daarna het laggende gesiggies besmeer met koek my begroet op videos van die partytjie. Ten minste kon die kleintjies een dag deurgaan sonder wonder oor wat skielik aangaan in hierdie deurmekaar wêreld. Kleinkinders is ‘n kosbaarheid met liefde so sonder end soos Riviersonderend.
Woensdag 1 April 2020 – Dag 6 van lockdown
S.A. Infeksies: 1380 Sterftes: 5
My kleindogter het vandag 4 jaar oud geword en ek het vir haar ‘n koek gebak volgens haar bestelling: ‘n twinkle star koek. Ek het klein pizzas ook gebak sommer net vir ‘n lekker partytjie so midde in die isolasie tydperk. Dit was omtrent ‘n geheime missie om die eetgoed tot by hulle huis te kry sonder dat die kleintjies my gewaar en ‘n geraas maak. Ek moes eers my dogter laat weet dat ek ry by die huis sodat sy die kinders kan besig hou. Daar aangekom het ek die eetgoed in hulle motor se bagasie bak gepak en huis toe gery.
Sukses!
Tuis aangekom het ek weer ‘n boodskap gestuur dat ek die goed suksesvol afgelewer het. Kort daarna het laggende gesiggies besmeer met koek my begroet op videos van die partytjie. Ten minste kon die kleintjies een dag deurgaan sonder wonder oor wat skielik aangaan in hierdie deurmekaar wêreld. Kleinkinders is ‘n kosbaarheid met liefde so sonder end soos Riviersonderend.
Donderdag 2 April 2020 – Dag 7 van lockdown
S.A. Infeksies: 1462 Sterftes: 7
My eerste dag by die winkel tydens die lockdown het aangebreek in al sy glorie. Gewapen met ‘n lap inkopie sak het ek klein PnP besoek. Gewoonlik is dit ‘n miernes van bedrywighede en vol vrolike mense. Nie meer nie – die mense wag met strak gesigte in ‘n lang ry. Hulle neem social distancing ernstig op en laat ons 1 meter uitmekaar uit staan en beperk die aantal mense wat die winkel binne gaan. Die atmosfeer is maar somber. My gemoed is egter nog sterk. Ek dink die afgelope 6 jaar se harde werk aan myself help my in hierdie tyd.
Vrydag 3 April 2020 – Dag 8 van lockdown
S.A. Infeksies: 1505 Sterftes: 7
Ek het begin om onder die afdak by die braai skoon te maak. Dit lyk glad nie baie mooi daar nie. Eintlik het dit ‘n pakplek geword van baba bed tot stukkende stoele en tydskrifte. Die onsekerheid en lelik wat tans in die wêreld aangaan noop my om my omgewing wat ek kan beheer, mooi te maak. Dis goed vir my siel.
Saterdag 4 April 2020 – Dag 9 van lockdown
S.A. Infeksies: 1585 Sterftes: 9
Vandag was vrek warm 36 C om presies te wees. Ek kon bietjie onder my afdak by die braai werk maar teen 10:30 was dit onuithoudbaar en moes ek inwaarts keer. Ek het my tyd verder verwyl deur na idees te kyk om my tuin by my skuifdeur op te kikker en te vernuwe. Dit gaan voorwaar ‘n lushof wees wanneer ek klaar is daarmee.
FOP NUUS
Fop nuus en skelmstreke rakende die Corona virus is orals en ons moet versigtig wees en nie sommer enige ding glo en aanstuur nie. Daar is ‘n klompie gesaghebbende webblaaie wat nie fop nuus versprei nie.
- Die WHO (World Health Organisation)
- News 24 Corona virus Confirmed Cases South Africa
- Bing Corona Trackerhttp://www.health.gov.za
- https://www.gov.za/Coronavirus
CORONA SUID AFRIKA
A virus broke the world – die wêreld vasgevang in die virus.
Coronavirus klap Suid Afrika – Die virus vind sy pad na Suid Afrika
GESELS SAAM
Gaan na my Posbus bladsy
Los ‘n boodskap
Stuur ‘n e-pos
Teken in op my Nuusbrief en bly op datum
Besoek my Engelse webblad Let’s make tea vir nog meer artikels.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you