Chick flicks

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

Chick flicks

Chick flicks. Wat sou die regte Afrikaanse woord vir dit wees wonder ek? Jy weet, daardie flieks wat jy net saam met ‘n vriendin of ‘n groep vrouens kan kyk. Dis nie flieks wat mans sal verstaan nie…. en dis ook nie flieks wat mens saam met mansmense wil kyk nie.

Welkom by nog ‘n aflewering van Teetyd kuiers. Skuif nader en maak jouself gemaklik. Vandag gesels ons oor Chick flicks

So wat is ‘n chick flick nou eintlik: Chick flick is a slang term for the film genre catered specifically to women’s interests, and is marketed toward women demographics. In plein Afrikaans is dit flieks wat spesiaal gemaak is om aan ons vrouens se hartsnare te tokkel – en dit werk!

Ek dink so vinnig aan Romy and Michelle’s high school reunion. ‘n Fliek oor 2 vriendinne wat hulle skool se reunie bywoorn. Hulle was nie van die koel groep op skool nie – eintlik meer van die D groep. By die reunie besef hulle egter dat hulle lewens baie beter uitgedraai het as die koel kinders na wie hulle altyd gehunker het.

The Notebook speel tydens WW2 af. Verbode liefde tussen ‘n ryk meisie en ‘n arm jong man. Dis ‘n trane trekker van ‘n fliek. Dit neem mens terug na die oorlog tyd waar geld min was en liefde oor klas grense nie geduld was nie.

Daar is soveel flieks wat mens saam met vriendinne kan kyk vir ‘n aand van ontspanning

Pretty Women, Notting Hill, Runaway bride, The Devil wears Prada. O en moenie vergeet van Mamma Mia nie. Nie net is die musiek van boonste gehalte nie – dis immers ABBA. Dit gaan ook vrou wees. Chocolat is ‘n Franse fliek met Johnny Depp in die hoofrol.

Sweet home Alabama is ‘n moet sien dink ek. ‘n Jong meisie kan nie wag om die stof van haar grootword dorp van haar skoene af te skud nie. Sy verag die eenvoudige dorp met sy eenvoudige mense. Totdat sy verlief raak op ‘n jong man van die dorp en terug keer na die dorp en besef dat Alabama eintlik nie so sleg is nie.

My gunsteling chick flick

Wanneer mens ouer word het ons baie dinge deurgemaak, lesse geleer. Ontnugterings. Jou kop is nie meer in die wolke nie. Shirley Valentine is ‘n middeljarige vrou met ‘n man wat haar nie waardeer nie en haar kinders praat met haar nes hulle lus het. Shirley praat met die gordyn – dis al ding in die huis wat haar verstaan. Shirley pak haar tasse en gaan Griekeland toe en vind weer haarself en haar man en kinders besef wat hulle verloor het.

Daar is nog sovele flieks wat die moeite werd is om saam met vriendinne te kyk en dis kosbaar. Is daar ‘n fliek wat jy geniet het om saam met vriendinne te kyk?

Explore/Kuier verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading