Biblioteek verbrand tot as

0
(0)
biblioteek verbrand tot as

Die Suider strand publieke Biblioteek het Saterdag 27 Februarie tot op die grond afgebrand. Die Biblioteek is geleë in die Strand in die Wes-Kaap.

Biblioteek verbrand tot as

Volgens die Polisie is hulle besig om die brand te ondersoek. Dit is tans nog ‘n raaisel hoe die brand ontstaan het. Daar kan nog nie met duidelikheid gesê word of dit ‘n kortsluiting of brandstigting was nie. Die brand het vroeg in die oggend uitgebreek en die brandweer is net na 5vm ontbied. Honderde boeke is in die proses vernietig waarvan sommiges onvervangbaar is. Dis ondenkbaar om te dink dat soveel boeke verbrand het. Boeke raak deel van ‘n mens en die stories wat daarin vervat is kry lewe wanneer ‘n boek voorgelees of self gelees word.

Die hart van die gemeenskap

‘n Dorp se biblioteek is bo alle twyfel die hart van die gemeenskap. Selfs in die tyd waarin ons lewe met tegnologie wat voorrang geniet en ons lewens oorheers bly Biblioteke steeds gewild onder die wat nie heeldag met die foon teen die oor sit nie. Biblioteke is veral gewild in kleiner dorpe en is dit steeds die plek waar mense gaan vir inligting of sommer net vir sosialisering. Dit was dan ook die geval met die Suider strand Biblioteek.

Daar is hoop

Volgens die Burgemeester se kantoor gaan die Biblioteek definitief herrys uit die as. Hoe en wanneer is egter ‘n ope vraag. Honderde lede maak van die Biblioteek se dienste gebruik en is nou in die duister oor die toekoms. Biblioteke is ‘n belangrike deel van die samelewing en behoort beslis voorkeur te geniet. Hopenlik sal die Burgemeester sorg dat die belofte aan die gemeenskap gestand gedoen word. Elke dorp moet ‘n Biblioteek vol boeke hê wat daagliks deur die inwoners besoek en geniet word. Mag Suider Biblioteek weer gou sy plek in die gemeenskap vol staan.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading