Amandaskrywer nuusbrief 4 van 2021

0
(0)
amandaskrywer nuusbrief

Amandaskrywer Nuusbrief 4 van 2021

Hi julle. Ek hoop julle het ‘n goeie week gehad. Soos altyd werk ons hard om artikels te skryf wat ‘n verskil in mense se lewens kan maak. Julle die lesers is belangrik en julle word waardeer.

Nuutste inskrywing

Die 3 minute reël is ons nuutste plasing en ons gesels oor hoe 3 minute jou lewe positief kan verander en jou meer produktief kan verander. Dikwels staar mens jou blind teen als wat gedoen moet word en kyk mens oor dinge wat vinnig gedoen kan word soos ‘n lekkergoed papier op die vloer wat ‘n paar sekondes neem om weg te gooi.

Webblad

Elke week gaan ek die skakels op die webblad na vir foute. Foute kan egter steeds insluip. Laat weet my asseblief indien jy ‘n gebroke skakel raak loop. Dankie by voorbaat.

Die Naguil

‘n Geheime tuin, Marita van de Vyver se nuwe boek en die Manhatten musikante maak ‘n draai in die Naguil. Dis egter nie al nie. Daar is stories van mense en hulle dinge en plekke en ‘n rehabilitasie sentrum vir Uile. Heerlike leesstof.

Onthou

Jy is genoeg. Jy hoef nie te probeer om soos iemand anders te wees nie.
Die Radio is steeds ‘n vriend – enige tyd van die dag of nag.
Ons het almal die vermoeë om ‘n positiewe invloed op ander te hê deur ons woorde en dade.

Engelse Webblad

Let’s make tea is my ander webblad in Engels. Hierdie week gesels ek oor Industriële areas wat meestal onooglik is en dit beïnvloed werkers se produktiwiteit en gemoedstoestand. Hoekom kan Industriële areas nie opgevrolik word met plante en kleurvolle geboue nie?. Daar is wel werkgewers wat die potensiaal raak sien en iets doen aan die andersins onooglike werkplekke.

‘n Lekker week vir julle. Maak die beste daarvan. Tot volgende keer vriende. Mooi loop. Ek waardeer julle.

Groete
Amanda

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading