8 Monumente en hulle betekenis

8 monumente en hulle betekenis

8 Monumente en hulle betekenis. Suid Afrika het talle monumente waarvan sommiges baie bekend is en ander waarvan min kennis dra. Met hierdie skrywe wil ek lig werp op die minder bekende monumente en gedenkstene.

Bathurst-toposkoop in die Ooskaap

Hierdie monument is opgerig ter ere van die 1820 setlaars vanaf Brittanje wat vir hulle ‘n tuiste in die Ooskaap geskep het. Die toposkoop is bo-op ‘n koppie aan die noordekant van die dorp Bathurst opgerig in 1968 opgerig. Die monument het reeds verskeie kere onder plunderaars deurgeloop en van die elemente gesteel. Dit is egter steeds baie gesog onder toeriste.

Wauchope-obelisk

Op 11 Desember 1899 het genl.-maj. Andrew Gilbert Wauchope tydens die Slag van Magersfontein gesneuwel. Hy was ‘n lid van die Britse weermag. Na sy dood is die obelisk as ‘n gedenksteen vir hom opgerig op die familieplaas van die Logans 10km Suid van Matjiesfontein. Sy graf is ook op die plaas saam met die van die krieketspeler George Lohmann

Kaffrarian Rifles-monument

Hierdie pragtige monument is in De Doorns en opgerig ter nagedagtenis aan soldate van die Kaffrariese Schutters wat in ‘n trein ongeluk omgekom het oppad na Suidwes Afrika. 10 Mans is gedood en meer as 100 beseer. Na die treinongeluk is die treinspore verander.

Trekmonument 1904-1954

Opgerig vir die 50ste herdenking van die Afrikaners wat na die 2de Vryheidsoorlog hulle in Tanganjika Duits Oos Afrika (nou deel van Tanzania) gevestig het. ‘n Replika is ook by die Voortrekker monument te sien.

Kinderlê

‘n Monument ter ere van 32 kinders van die Nama stam wat hier deur die Boesmans om die lewe gebring het. In die omgewing van Steinkopf in die Noord-Kaap was ‘n Sendingstasie van die Londense Sendinggenootskap en op die noodlottige dag het die volwassenes ‘n kerk diens bygewoon. Stamgevegte het gereeld in die omgewing voorgekom wat die San stam feitlik uitgeroei het.

Pienk Piet

Op Stellenbos voor die kweekskool staan ‘n ligroos marmerbeeld van Prof. John du Plessis. Hy is geskors uit die NG Kerk oor dwaalleringe. Onder andere oor sy miskenning van die boek Genesis en andersins oor sy rasse uitsprake. Die beeld is deur sy vriende opgerig en by die kweekskool geplaas waar hy al verskeie kere gevandaliseer en geskuif is.

Khorab gedenksteen

Met die einde van WW1 in sig het Suid Afrika en Duitsland ‘n traktaat geteken wat met die oorgee van die Duitse soldate.Hierdie monument is by Otavi en gedenk die geskiedkundige oomblik toe die ooreenkoms geteken is.

Heerenlogement

Dertig kilometer van Graafwater in Noordwes is ‘n grot wat reisigers tydens die 17de en 18de eeu as skuil en oornagplek gebruik het. Bekendes wat van hierdie grot gebruik gemaak het is Simon van der Stel en Olof Bergh. Naby die grot is ‘n ou Britse fort uit die Tweede Vryheidsoorlog, gemaak van yster gemaak is.

Ons het werklik ‘n ryk geskiedenis met baie skatte

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    22 July 2022 at 10:26 am

    Moorddrif monument, net buite Mokopane(Potgietersrus) https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/moorddrift-monument/ Die oorspronklike bome is nie meer daar nie. Daar is wel ‘n nuwe doringboom wat einde 1980 begin 90 geplant is wat nou groot boom is; as hy nog nie afgekap is nie.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      23 July 2022 at 7:25 pm

      Nog ‘n monument waarvan ek nie geweet het nie. Dankie vir die skakel.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.