Winter
Teetyd kuiers is ‘n maandelikse gesels rubriek geskryf deur Amanda Spies du Plessis
Teetyd kuiers met Amanda
Winter is hier met sy kaalgestroopte bome, koue nagte en flou winterson. In die Wes-Kaap is wind en reën ook deel van hierdie tyd van die jaar. Al wat ons kort is sneeu dan het ons ook ’n winter wonder wêreld.
Dit is my gunsteling seisoen. Ek geniet die resepte wat saam met die winter kom: sop, bredies, warm poedings, warm sjokolade drankies. Dinge gebeur in die winter in my lewe – soms goed, soms minder lekker
Ten spyte van die hartseer winters geniet ek steeds hierdie tyd van die jaar. Ek geniet dit om in die winterson te sit en lees onder ’n warm kombers. Tee te geniet in my eetbare tuin.
Ek geniet dit ook om nuwe resepte uit te toets en saam met my kleinkinders warm sjokoladepoeding te maak en te sien hoe hulle dit geniet om hulle vingers deur die rou deeg te trek en elke nou en dan af lek.
Tien jaar gelede het ek my eerste huisverbeteringe in die seisoen van genade aangepak en elke jaar daarna – projekte wat tydens die winter gestalte kry. Boekrakke vir my talle boeke, Groente rak, Tuinbank bou en verf, ou goed nuut maak, legkaarte bou. Lekker
Mense kyk my vreemd aan wanneer hulle hoor ek het winter gordyne en duvets – warm ietwat donkerder snoesige beddegoed, tafeldoeke en ornamente wat die seisoen vier. Dis ’n tyd vir hiberneer
Ek het onlangs ook ’n ou Afrikaanse fliek gaan opsoek – Die winter van 14 Julie.
Ons het dit in die winter in die inry gaan kyk. Dit was gesinstyd. Ma het ’n heerlike kosmandjie gepak en ons het ons ingeleef in die storie op die groot skerm terwyl ons piekniek in die motor hou.
Martin Dreyer en Karin Scholtz het die hoofrolle gespeel – ’n verbode liefde in ’n konserwatiewe tyd – vol intriges. ’n Tranetrekker en deel van die skatkis van Afrikaanse flieks. Ek kon nie my oë glo toe ek dit op YouTube opspoor nie. Nog ’n winter lekkerte – onthou oomblikke.
Die winter van 2023 hou belofte in.
scrapydo2.wordpress.com
4 July 2023 at 10:56 amEk het al die jare in die Bosveld gewoon waar die winters nie te koud was in vergelyking wat julle kry nie. Vandag is ek in ‘n land met ysige koue, winterreën en sneeu ook tussendeur. Hengse aanpassing gewees maar nou is dit vir my nie so erg nie want hier is huise ingerig vir koue en ook nat weer. Die nattigheid pla die mense gladnie. Ek daarenteen hou nie daarvan om uit te gaan as dit so reën nie. Tog moet sekere dinge maar in reën gedoen word veral op ‘n plaas.
Amandaskrywer(Aduppie)
4 July 2023 at 8:20 pmReën is oor die algemeen lekker maar kan soms uitdagend wees. Kan dink dat die drastiese verandering in die weer vir jou ook uitdagend moes wees veral met sneeu ook nog daarby.
elsabeskryf
3 July 2023 at 4:07 pmOe Amanda, julle wintermense is vlg my baie dapper. Ek’s koulik, en die lae en lae klere maak my benoud. Ek wil nou net hiberneer… totdat die son meer hitte uitdeel. Die lekker warm geregte – daai een deel ek met jou.
Amandaskrywer(Aduppie)
4 July 2023 at 8:10 pmEk moet bieg dat hierdie winter is ekstra koud en vat aan mens se emosies as daar 1 sonskyn dag is in 3 weke.