Wat het van lojaliteit geword?

0
(0)

Wat het van lojaliteit geword? Bestaan dit ooit nog? Dis ‘n goeie vraag.

Wat is lojaliteit?

Die toestand van lojaal en getrou wees. – Woordeboek. Wat ‘n mondvol en tog klink dit voor die hand liggend. Dis mos hoe dit nog altyd gewerk het of hoe? In die Engelse woordeboek is die beskrywing van lojaliteit baie meer omvattend.

loyalty implies a faithfulness that is steadfast in the face of any temptation to renounce, desert, or betray.”

Dit is prysenswaardig en tog blyk dit dat lojaliteit aan die uitsterf is. Mense sal nie twee keer dink om jou in die rug te steek en te verraai nie. By die werk is jy net ‘n nommer en kan in ‘n oogwink vervang word. Vriendskappe is nie meer wat dit was nie. Selfs familie het vergeet wat die woord lojaliteit beteken. Onlangs is ‘n FBI agent aangekeer wat vir 33 jaar lank sy land (Amerika) verraai het deur sensitiewe inligting aan Rusland en Iran te verkoop. Hoogverraad.

Hoe bou mens dan vertroue sonder lojaliteit?

Dis ietwat kompleks om die minste te sê. Verby is die tyd wat jy jou diepste geheime met ander kon deel sonder om uitverkoop te word. Mede werkers steel jou idees en gee voor dit is hulle idees en so meer. Dis egter nie alles verlore nie. Terwyl ons geen beheer oor ander se waardes het nie, het ons wel beheer oor onsself en kan ons wys en uitleef hoe lojaliteit ‘n positiewe effek op verhoudings en die mensdom kan hê. Lojaliteit is ‘n waarde wat ons moet beskerm en oordra aan ons nageslag.

Daar is egter ook iets soos misplaastte lojaliteit bv. ‘n mishandelde vrou wat by haar man bly omdat sy huweliks beloftes afgele het of die werknemer wat lojaal bly aan sy werkgewer ten spyte daarvan dat die werkgewer oneties optree.

Dit kom alles weer terug na balans.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading