Lekker eet lei tot Kos reise

Lekker eet lei tot Kos reise

Nataniël sê graag sy liefde vir eet kom van die basaar tafel af
Ek moet gedeeltelik met hom saamstem. Kerkbasare was nog altyd ’n groot versoeking. Poedings, Pannekoek, Wors rolletjies en Kerrie-en-rys en dan is dit nog meestal bekostigbaar ook. Tydens my grootword jare was daar nie ’n vreeslike verskeidenheid eetgoed nie. Kookkos met rys, vleis, aartappels en groente was algemeen en jelly en ingelegde vrugte vir nagereg.
Wegneemetes was nie die norm nie
Die kafee op die hoek het warm skyfies en toebroodjies verkoop. Daar was nie pizza winkels nie en ook nie sushi nie. Ek onthou wel gebakte vis en skyfies by die see. Die meeste mense het self kos gemaak en verder op ’n Sondag dalk by die Hotel op die dorp gaan eet. My Ma sou op ’n Vrydagaand vir ons kitskos gee vir aandete wat sy voorberei en gemaak het. Ons kon kies wat ons wou eet – Hamburgers en skyfies, Varkworsies, Spaghetti. Dis die naaste wat ons aan wegneemetes gekom het.
Treinry het vir ander kos ervarings gesorg
Ons het gereeld trein gery en ons reis begin met ’n kosmandjie vol lekkernye. Frikadelle, broodjies, gekookte eiers, wors. Teen die 2de aand op die trein was die kosmandjie se inhoud meestal klaar opgeëet en dan het ons iets bestel vir aandete. Tamatiebredie, Hamburger, Pastei met sous. Vir ontbyt die volgende oggend het ons die lekkerste koffie bestel met ’n gekookte eier of ’n geroosterde toebroodjie. Die kos was eenvoudig maar lekker.
Kos avonture bring ander lekkertes
In die loop van die jare het daar meer keuses gekom. Pizzas, Sushi, Lasagne. Nog later het verskillende restaurante ontstaan wat gespesialiseer het in bv. Franse of Italiaanse kosse. Kos programme op TV, Kookboeke, Tydskrifte met resepte. Soveel nuwe idees en ervarings. Dinge waarvan ek nie voorheen bewus was nie. Ek het ’n Italiaanse kos kursus gedoen en nog ene oor kruie. Kaas en Wyn kombinasies. Poedings en mengeldrankies.
Al hierdie nuwe resepte, kursusse en idees het my aan die dink gesit. Hoekom dit vir myself hou? Kom ek deel dit met ander en dis waar die idee vir Kos reise ontstaan het.
Reis en eet saam met my
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Stories Uit My Wêreld
28 February 2025 at 8:54 amJy vat my baie gister vêr. Die onthou kos. Ek wonder of ons kinders dit aan hulle kleinkinders sal vertel. My grootste onhou was by Total se padkafee (roadhouse) in Middelburg, waar my pa gestop voor ons die reis huis toe aangepak het. Daar het ons elkeen ‘n melkskommel bestel. Dankie hiervoor.
Amandaskrywer
5 March 2025 at 2:38 pmOngelukkig word vandag se kinders groot met kits en restaurant kos. Niks kom egter by tuisgemaakte kos nie! Bly jy het die skryfsel geniet