Voorgee mense

Voorgee mense
Voorgee mense is nie altyd maklik om te identifiseer nie. Hulle is gaaf, vriendelik,behulpsaam, vrygewig . Hulle bekoor almal om hulle. Jy dink hulle gee om vir jou, jy deel inligting oor jou lewe met hulle. Stel hulle voor aan jou familie en vriende. Nooi hulle in jou huis in. Deel jou drome met hulle
Voorgee mense is baie goed daarmee om toneel te speel. Baie oortuigend. Terwyl hulle besig is om jou te oorlaai met komplimente en geskenke win hulle inligting in oor toekomstige slagoffers. Hulle blyk skadeloos te wees totdat jy hulle teengaan en/of hulle bedreig voel. Dis dan wanneer die werklike mens tevore kom en die voorgee mens sy/haar ware kleure wys.
Die slagoffer besef eers wie en wat gawe Jannie is wanneer dit potensiaal gevaarlik raak
Die masker val af en gawe Jannie word ‘n monster. In werksverband sal jy jou beswadder by jou mede kollegas en hulle teen jou draai terwyl hy jou probeer wys maak dat hy jou probeer help. Later weet jy nie meer wie om te glo nie. Wie is jou vriend en wie is jou vyand? Dan besef jy met ‘n skok dat Jannie ‘n voorgee mens is, jy konfronteer hom en ontbloot Jannie vir wie en wat hy werklik is.
Wees versigtig vir voorgee mense. Luister na waarskuwings, vertrou die stem in jou kop en vermy onnodige seerkry.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

raspberryshinyd3a7a2a62b
27 October 2025 at 9:56 amEk kon dit nie beter beskryf nie vriendin…
Amandaskrywer
29 October 2025 at 9:48 pmSad but true