Verbeelding is soms goed

0
(0)
verbeelding is soms goed

Elke nou en dan hoor ‘n mens dat verbeelding ‘n mors van kosbare tyd is. Alhoewel daar waarheid insteek, is dit egter nie altyd waar nie. Verbeelding is soms goed veral as mens stories skryf, trauma moet verwerk en doelwitte stel.

Verbeelding gee lewe aan stories

Tydens my jeug kon ek myself verloor in die boeke van Ena Murray. Veral haar ou kaapse verhale. Dit was voor televisie en die Internet. Sy het die vermoë gehad om plekke en mense in soveel detail te beskryf dat jy dit in jou gedagtes kon sien. Dis waarmee skrywers soos sy baie goed was. Dis volgens my ‘n kuns om stories uit te dink en fiktiewe mense te skep, aan hulle ‘n karakter te gee en vir die leser geloofwaardig te maak.

Verbeelding, trauma en dagdrome

Verbeelding en dagdrome het my deur die jare gehelp om erge trauma in my lewe te verwerk. My man se dood in ‘n motorongeluk het veroorsaak dat gesukkel het om saans te slaap. Deur my verbeelding te gebruik en stories in my kop te maak (dagdroom) kon ek bedags deur die trauma werk en myself saans voor slaaptyd in ‘n beter plek sit voordat ek aan die slaap kon raak.

Gebruik verbeelding om doelwitte te stel

Dit was aanvanklik moeilik om my verbeelding te gebruik om doelwitte te stel totdat ek begin het om “vision boards” te maak van alles wat ek wil bereik. Mettertyd het dit egter sin gemaak om die ideale wat ek wil bereik met prente en woorde op ‘n karton te plak. Dit het my gehelp om vooruit te sien hoe my doelwitte moontlik kan lyk op die ou end.

Verbeelding is nodig om ‘n beeld op die toekoms te kry, stories uit niks te skep en om die lewe te hanteer met sy vreugdes en traumas.

Ek hoor graag van julle hoe en wanneer julle, julle verbeelding inspan.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading