Ek is verslaaf

Ek is verslaaf

Die waarheid is uit. Ek is verslaaf – aan boeke. Ek kan myself nie help nie. Altyd plek vir nog ‘n boek. Nuut of tweede hands. Bekende en onbekende skrywers. Die biblioteek is my lekkerste kuier plek waar ek myself kan verloor tussen al die boeke. Hemels.
“I declare after all there is no enjoyment like reading! How much sooner one tires of any thing than of a book! — When I have a house of my own, I shall be miserable if I have not an excellent library.”
― Jane Austen, Pride and Prejudice
Daar was nie internet en selfone tydens my groot word jare nie.
Boeke was egter in oorvloed en gratis in die biblioteek beskikbaar. ‘n Fees! Moderne tegnologie het sy plek in ons samelewing en ek geniet die Internet. Daar is egter niks wat kom by ‘n boek in jou hand nie. Ek is verslaaf aan boeke hoe meer hoe beter. Dit maak my gelukkig. Deur die blaaie van ‘n boek reis ek deur vreemde lande, word vreemdelinge nuwe vriende, eet ek in Frankryk by ‘n straat kafee en vind ek vrede in die lesse langs die pad geleer. Dit alles terwyl ek in my gemak stoel sit met ‘n koppie tee in die een hand en ‘n boek in die ander hand.
“Books are the quietest and most constant of friends; they are the most accessible and wisest of counselors, and the most patient of teachers.” ― Charles W. Eliot
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment