Te veel boeke?

Te veel boeke?

“I can feel infinitely alive curled up on the sofa reading a book.” – Benedict Cumberbatch
Te veel boeke? Nog nooit gesien nie! Ek het altyd plek vir nog ‘n boek al is elke boekrak in my huis al volgepak met boeke. Dis ‘n groot verslawing. Boeke, boeke en nogmaals boeke. ‘n Huis gevul met boeke maak my gelukkig.
“A room without books is like a body without a soul.” – Marcus Tullius Cicero
Ek kan my nie ‘n lewe sonder boeke voorstel nie. My siel sal dood gaan. Boeke is soos om altyd snoesig toegewikkel te wees in’n sekuriteits kombersie. ‘n Mens is nooit alleen in ‘n kamer vol boeke nie. In my jong jare was ou Kaapse liefdesverhale my gunsteling boeke. Nou lees ek graag reis verhale, geskiedenis boeke, kortverhale en christelike boeke.
“There is no friend as loyal as a book.” – Ernest Hemingway
Boeke is tydloos. Jy kan dit vandag lees en weer oor 50 jaar. Ek kry seer om van ‘n boek ontslae te raak omdat dit verouderd is byvoorbeeld ou studie gidse en handleidings. Sulke boeke verloor hulle waarde omdat dit nie meer relevant is nie. Geskiedenis boeke bly egter relevant en mens kan steeds daaruit leer 100 jaar later. Christelike boeke verouder nooit nie en liefdesverhale bly altyd jonk en opwindend al is dit in ‘n tyd sonder tegnologie geskryf.
“I love the way that each book — any book — is its own journey. You open it, and off you go…” – Sharon Creech
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment