Des se poeding

RESEP DEUR
Uitknipsel
OPMERKINGS
Oorsprong onbekend
Des se poeding

Bestanddele:
- 100 ml Vlapoeier
- 1 liter Melk
- 100 ml Wit Suiker
- 30 ml Appelkooskonfyt
- 2-3 Piesangs geskil
- 1 pakkie Marie beskuitjies
Metode:
- Smeer ‘n poeding bak
- Verhit 900 mℓ melk op die stoofplaat en bring tot kookpunt
- Meng die ander 100 mℓ melk met die vlapoeier en roer dit saam met die suiker by die melk tot die melkmengsel dik raak
- Pak Marie koekies egalig op bodem van poeding bak
- Plaas ’n bietjie appelkooskonfyt op elke koekie
- Bedek met van die vlasous
- Sny die piesang in skyfies en plaas op die vla
- Herhaal die lae en eindig met ’n vla laag
- Smelt ’n bietjie appelkooskonfyt en braai die res van die skyfies piesangs liggies daarin
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Die poeding is goed vir 1-2 dae in die yskas. Dit vries egter nie baie goed nie. Die appelkooskonfyt was vir my onnodig op die koekies. Alhoewel die piesang skywe mooi lyk op die poeding raak dit te gou sag en onsmaaklik

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
3/5
OPMERKINGS
Vinnig en maklik
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment