So ry die treine

So ry die treine

So ry die treine in 2026. ‘n Onlangse program oor treine in Suid Afrika het my laat wonder of mens nog langpad treine kan ry al dan nie. Die TV program het eintlik gegaan oor plattelandse trein stasies soos klipplaat stasie wat eens ‘n bedrywige netwerk van treine was en nou vervalle is.
Ek is die kind van ‘n treindrywer en het my vormingsjare in ‘n spoorweg kamp langs die loco deurgebring omring met treine, stoom en roet.
Treine was deel van my lewe en steeds dink ek met nostalgie terug aan ons vele trein vakansies, kosmandjies vol lekkernye en ons gesigte vol roet. Die geluid van reën op die trein se dak, die gesing van die trein wiele op die spore en die stilhou by die stasies. Ons het die skedules bestudeur en by elke stasie die vensters afgerol en die bedrywigheid op die stasie platform waargeneem. Daar was die reuk van pasteie en mense wat langs die platforms gesmous het. Pragtige tuine, netjiese stasie personeel, spoorweg Polisie en pragtige geboue.
So ry die treine in 2026
Min van die trein stasies word nog onderhou en alhoewel daar nog ‘n paar langpad treine op die hoof roetes diens doen is daar bykans geen treine meer op die platteland nie. Behalwe die treine en stasies onder private beheer. Weg is die goue jare van treinry. Vir die ouer geslag is dit mooi herrinneringe. Die jonger geslag sukkel om die nostalgie te verstaan – dit is nie deel van hulle herrinneringe nie.
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment