Regs, Links, Middel waar pas ek?

Links of Regs op die politieke spektrum? Dalk in die middel? Waar pas ek en kan ek my posisie verander?

Regs, Lings, Middel waar pas ek?

Ek het Ja, gestem

My Ma het gesorg dat ek registreer om te stem die oomblik toe ek oud genoeg was. Dit was ’n groot gebeurtenis. Ek het my plig vir my land gedoen. Na skool is ek Polisie kollege toe waar ek in diens van Suid-Afrika en sy mense was. Trots Suid-Afrikaans. Na die einde van apartheid was ek liberaal. Al vêrder weg beweeg van my Afrikaner identiteit.  Wêrelds. Ek was skaam vir my Afrikaner erfenis en apartheid. NG kerke was uit, Charismatiese kerke was in. Regse mense van die politieke spektrum was nie vriende van my nie. Ek was liberaal – links

Die ontnugtering

In 2020  het BLM (Black lives matter) die wêreld oorheers. Skielik moes almal die knie buig. Jammer, sê  en om verskoning vra vir jou blanke vel en al jou onverdiende voorregte. Alyssa Milano (Sam van WHO’s the Boss) is ’n vuurvreter aktivis wat opstaan vir alle minderhede – en toe trap sy in die slaggat. Sy het verwoes geveg vir almal wat onderdruk word – die verdrukker en die verdrukte narratief. In hierdie geval was die Polisie die verdrukker en hulle was die oorsaak van al die vervolging van  hulpelose minderhede.  Die Polisie moes verwyder word.

Alyssa het haarself gesien as die redder van die verontregtes.

’n Vrou het Alyssa aangevat in ’n video en daardie video het my tot my sinne geruk. Skielik het die skille van my oë afgeval en kon ek die geheelbeeld sien. Ook maar goed so want kort daarna het die liberale bomme begin ontplof. Nou sit ons met meer as 2 geslagte, mense wat identifiseer as diere, aktiviste wat keer dat mense by hospitale uitkom, kultuur erfenis plekke afbreek en ekstremiste wat die wêreld wil oorneem en beheer. Die linkse kant van die politieke spektrum se manifes sê dit duidelik: Hulle doel is om die Westerse leefwyse te verwoes, families te vernietig en nasietrots te verwyder.  Alles is nou afstootlik van vlegsels tot blomme in die hare, boeke, tale en selfs kleredrag. Die sogenaamde “cultural appropriation” Hoe kon dit gebeur onder die liberales waarvan ek eens deel was?

Dis nie net ek wat ontnugter is nie

Ek het op die Internet gespring en begin navorsing doen. Was dit dan nie die vêrregse klomp wat die Jode uitgemoor het nie Name het opgeduik van mense wat soos ek eers liberaal was.  Bill Maher, Candace Owen, Dave Rubin. Hulle is ook soos ek ontnugter en het hulle posisie verander of aangepas. Douglas  Murray waarsku al jare oor “The war on the West , anti-Semitisme, die vernietiging van Westerse waardes en die styging van ekstremiste.

Regs, Links, Middel waar pas ek?

Dis egter nie so eenvoudig soos links en regs nie. Daar is vêr regs, vêr links, liberaal, konserwatief, christelik nasionaal en vele ander afdelings.

  • Ek glo steeds daaraan dat geen ras of nasie onderdruk moet word nie en gelyke behandeling en geleenthede moet geniet – ek sal egter nie verskoning vra vir my velkleur of taal nie. Afrikaner geskiedenis en nalatenskap is nou kosbaar vir my en ek ontken nie die foute wat die Afrikaner gemaak het in die verlede nie. Ek omarm wel my geskiedenis en woon kultuur geleenthede by en vier die positiewe.
  • Seksuele voorkeure vir almal ondersteun ek – ek ondersteun egter nie die indoktrinering van kinders in skole nie.
  • Elkeen het die reg om sy of haar keuse van godsdiens te beoefen – ek weier egter om ekstremiste wat as terroriste bekend staan te ondersteun en aan te hang.
  • Ek ondersteun gehalte onderrig in skole en universiteite – maar nie indoktrinering deur onderwysers wat hulle eie politieke agendas afdruk op die jonges nie.

Bill Maher blameer “woke culture” vir die afwyking van liberale waardes.

In Stop apologizing wys Bill Maher uit hoe “woke politics” die liberale spektrum verander het.
The Woke Olympics video wys hoe vêr die mensdom al in ’n diep gat geval het
Dr. Phil bespreek Trans kinders en wat agter hierdie seksuele ontploffing sit. What is behind the push?
Ouers se regte word ondermyn Dr. Phil het sterk opinies hieroor

Regs Links Middel waar pas ek?

Tans is dinge bietjie baie deurmekaar in die wêreld waarin ons nou leef. Daar is egter ook ’n grapperige kant aan politiek soos in die artikel Funny things Politicians said.

Vir nou gaan ek diep asemhaal en bid.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.