Naguil koerant 3 van 2024
Naguil koerant 3 van 2024 is hier!
Die dae is deesdae ietwat korter en die nagte langer. Die Herfs is hier en die koue en reën begin nader trek. Soos altyd vier ek elke seisoen. Herfs het sy eie bekoring met die verskillende kleure blare en die wilde diere wat begin kos versamel vir die winter. Ek staan in verwondering met God se pragtige skepping – so volmaak.
“Fall has always been my favorite season. The time when everything bursts with its last beauty, as if nature had been saving up all year for the grand finale.” – ― Lauren DeStefano, Wither
Helen Steiner Rice se groete kaartjies staan uit bo ander met haar besonderse woord skeppings. Sy is dan ook hierdie uitgawe onder die skrywer kollig.
Kiffness is ’n plaaslike musikant en verskaf vir ons vermaak met sy weergawe van Cadance – drilsersant van Amerika se dril musiek.
Ons maak ’n draai in Brittanje waar ’n besonderse gimnasium eienaar hom ontferm oor die oues en gestremdes.
Die Naguil koerant 3 van 2024 is weereens vol uitgesoekte brokkies leesstof, musiek en video’s. Geniet hierdie uitgawe en deel dit met ander sodat hulle ook begeesterd kan word.
Tot volgende keer
Elke maand kyk ons dieper na ‘n skrywer- bekend of onbekend
Helen Steiner Rice (1900 – 1981) was ’n skrywer van opbouende christelike werke. Sy is in Ohio, Amerika gebore en moes haar droom om kollege toe te gaan prys gee om voltydse broodwinner vir haar Ma en suster te word na die skielike afsterwe van haar Vader tydens die griepepidemie. Sy is in 1929 met ’n bankier getroud. Hy het in 1932 selfdood gepleeg na ’n finansiële bankrotskap. Helen het tydens sy dood by ’n groete kaartjie besigheid gewerk. Sy was 32 jaar oud en ’n weduwee. Na die dood van die uitgewer van die groete kaartjie besigheid het sy dit oorgeneem en woorde vir kaartjies geskryf waarvoor sy regoor die wêreld bekendheid verwerf het – ook hier in Suid-Afrika waar haar werke in Afrikaans vertaal is. Sy is gedoop die Ambassadeur van Sonskyn.
“When you are in troubled and worried and sick at heart And your plans are upset and your world falls apart, Remember God’s ready and waiting to share – Helen Steiner Rice
Helen Steiner Rice se persoonlike tien gebooie soos sy dit graag genoem het.
- 1. Thou shalt be happy
- 2. Thou shalt use thy talents to make others glad.
- 3. Thou shalt rise above defeat and trouble.
- 4. Thou shalt look upon each day as a new day.
- 5. Thou shalt always do thy best and leave the rest to God.
- 6. Thou shalt not waste thy time and energy in useless worry.
- 7. Thou shalt look only on the bright side of life.
- 8. Thou shalt not be afraid of tomorrow.
- 9. Thou shalt have a kind word and a kind deed for everyone.
- 10. Thou shalt say each morning — I am a child of God and nothing can hurt me.
Die Kiffness is ’n eenman orkes van Suid-Afrika. Kyk net hierdie video van ’n Drilsersant van Amerika en Kiffness se bydrae. Ontspanne kykgenot
Selfs tydens oorlog is daar diegene wat dit regkry om ’n balans te handhaaf en nie toelaat dat oorlog hulle hele lewe oorheers nie. In die middel van die Israel-Hamas oorlog is daar voëlliefhebbers wat op uitstappies gaan om die voëls te bestudeer en tyd in die natuur deur te bring
- Japan is een van die skoonste lande ter wêreld waar alles werk en kliënte diens hoe prioriteit geniet. Dis dan geen verrassing dat hulle ’n bed opmaak kompetisie hou nie. Kyk net hoe mooi en vinnig maak hulle bed op.
- ’n Man het ’n skulp by die see opgetel en wou dit huis toe neem totdat hy iets merkwaardig gesien het en die skulp by die see gelos het.
- Eiendomsagent as beroep en opsigter van die Heldeakker begraafplaas as passie. Dis is Quinten Meyer. ’n Man wat sy deel doen om die Afrikaner se geskiedenis te bewaar.
- Duncan Muttushek was net 20 jaar oud toe hy albei sy hande in ’n landmyn ontploffing verloor het tydens sy diensplig. Hy vertel hoe dit sy lewe verander het en het pas sy eerste boek vrygestel.
- Marcie van Kanada het 8 maande gelede haar beursie in die see verloor. ’n ruk gelede stap sy op die strand en vind tot haar verbasing dat haar verlore beursie uitgespoel het. Was daar enigsins iets oor in die beursie? Vind uit
- Rasse haat onder Leeus of eintlik Godsdiens haat het die leeu wêreld verdeel in Indië nadat ’n leeu wat ’n Moslem naam het en ’n leeu wat ’n Hindoe naam het. Die arme leeus moes ’n kamp deel maar Moslems en Hindoes het die saamblyery probeer keer in die hof. Raar maar waar.
- Ontmoet vir Luna ’n slim cockapoo wat kan somme doen en gesels. Te mooi
- ’n Beagle baba hond leer om sy stem te gebruik
Tydens ’n hofsaak wat op Zoom gehou is, het ’n prokureur bietjie gesukkel met die tegnologie en as ’n kat op die skerm verskyn wat tot ’n ligte oomblik gelei het
Tuin praaitjies is n nuwe byvoeging tot die Naguil koerant waar ons gesels oor plante en blomme, mooi tuine van regoor die wêreld.
- Die Plumbago plant is inheems en is te kry in beide blou en wit. Hulle blom bykans heeljaar lank en kan ook in potte groei. Hulle hou van son, maar wil in ’n beskutte plek (soos ’n hoek muur) groei.
- Mense wat in woonstelle of ander klein spasies bly moet slim planne maak om tuin te maak. Kyk net wat hierdie vrou reggekry het met ’n piepklein balkon tuin.
Net vir jou is ’n boek vol van Helen Steiner Rice se besielende verse wat vir die eerste keer in 1967 verskyn het. Dis ’n besonderse boek wat inspireer en bemoedig. ’n kosbare kleinood.
Marius Weyers die boek is geskryf deur vriend en skrywer Chris Vorster. Weyers is voorheen deur ander skrywers gevra of hy belangstel in ‘n biografie en het telkens geweier omdat hy so privaat is. Hy het ook gesê dat dit voorheen nie die regte tyd was nie. Hy voel die tyd is egter nóú reg.
Kosreise vervang die die vinnige resepte in die Naguil koerant. Kosreise is n nuwe webblad uit die pen van Amanda met resepte, kosstories, treinstories en kosstories van Suid Afrika na verskeie ander lande. Ons maak fynproewer kos in ons eie kombuise en leer nuwe resepte en idees.
- Op 11 November 2023 het Kos reise sy buiging gemaak. Daar word gebak en gekook asook stories vertel van kos en treine.
- Hierdie Joodse kaaskoek is ryk en lekker
- Tydens een van ons vele trein vakansies was daar Kaal kaperjolle op die trein wat vir groot konsternasie gesorg het
- Sagopoeding is een van my gunsteling familie resepte. Vullend en warm op ’n koelerige dag.
- Besoek Kosreise vir nog Resepte, Kos en trein stories
Spreuke 3 vers 5 en 6
Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
God se belofte aan ons.
In Brittanje is die eienaar van ’n gimnasium besig om mense se lewens te verander en verbeter. Hy help die oues van dae en die gestremdes om hulle ligaamlike en psigiese toestand te verbeter. Wat dit nog meer spesiaal maak is dat hy nie ’n sent vir sy dienste vra nie. Hy het werklik ’n passie vir oues en gestremdes.
Daar is baie potensiële skrywers daarbuite wat ’n hupstoot nodig het sodat hulle drome kan vlerke kry.
- Afrifiksie – vir skrywers van wetenskap fiksie
- Vryskutskrywer – hulp vir opkomende en gevestigde skrywers
- Litnet – artikels, skryf hulp
- Skryfgeheime – skryf kursusse
- ANFASA – Ondersteuning nie fiksie
- Versindaba – Ondersteuning vir digters
- ROSA – roman skrywers SA
- Afrifiksie – wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans
- Publishers Association of South Africa PASA
- Self publish SA – self publikasie
Sela boeke – hulp en ondersteuning self publikasie
Groep7 drukkers – self publikasie
NS. Skrywershuis – self publikasie - Celia van Niekerk – illustreerder
Dianne Shearer – kinder boeke illustreerder
Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat maandeliks gratis op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you