Is oorbegin die regte woord?

Is oorbegin die regte woord?
Oorbegin – is dit die regte woord vir wanneer jy jou lewe onder oë neem en veranderings aanbring vir ‘n nuwe fase in jou lewe? Wel, dis waar ek nou is. Sommige mense spring uit vliegtuie, trek oorsee of loop weg en trou skelm. So avontuurlustig is ek egter nie.
Oorbegin vir my is om my manier van dinge doen te verander en iets anders te probeer
Ek is van nature nie ‘n adrenaline junkie nie. Ek hou van roetine, doelwitte stel en nastreef. Vir sommige mense mag dit klink na ‘n vervelige lewe – vir my is dit ‘n gemaklike leefstyl. Dit beteken egter nie dat ek nooit uit my gemaksone beweeg en iets nuuts probeer of dinge verander nie – allesbehalwe.
So 3 jaar gelede het ek my kombuis oorgedoen – met my eie twee hande en die bystand van YouTube. Ek het gehou van marmer toonbanke. Die egte marmer toonbanke was egter bo my vuurmaakplek dus het ek my saamgeperste hout toonbanke ‘n faux marmer blad gegee – met verf. Ek was in ekstase. Dit het vir my vreeslik mooi gelyk. Twee jaar later het dit egter nie meer so mooi gelyk nie en het die wit verf begin vergeel.
‘n Jaar gelede het ek die toonbanke grys geverf en nou oorweeg ek weer ‘n verandering. Berekende risiko’s
‘n Lang storie kort: Daar is niks mee verkeerd om oor te begin in jou lewe, tuin of huis nie – solank ons nie onsself of ander skade berokken nie.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment