Onskuldig betrek by ongerymdhede

Onskuldig betrek by ongerymdhede
Onskuldig betrek by ongerymdhede. Het dit al met jou gebeur? Hoe hanteer mens so iets? Dis ‘n tameletjie en iets waarvoor jy nie gevra het nie.
Iemand na aan jou – familie of goeie vriend laat so terloops val dat hy geld verduister het van die maatskappy waarvoor hy werk en dat hy nie sleg voel daaroor nie want hulle betaal hulle werknemers sente in vergelyking met wat hulle maak. Twee jaar later is die maatskappy bankrot en doen hulle ‘n beroep op mense om na vore te kom indien hulle iets weet van die bedrog. So bly jy stil of bel jy hulle en vertel wat jy weet?
Jy mag dalk nie wettiglik verplig wees om te praat nie, maar wat van jou gewete?
Bedrog is een ding. Wat egter as jou vriend jou vertel het dat hy iemand vermoor, verkrag of molesteer het.? Erger nog – wat as jy dit self gesien het en jou vriend by jou gepleit het om niks te sê nie? Jy is ‘n goeie mensewat jou pad reg loop en nie verkeerde dinge doen nie en hier is iemand wat jy vertrou het. Jy kan ‘n goeie vriend verloor en jy kan ook dalk vorentoe verantwoordelik gehou word vir wat jy geweet het.
Persoonlik sal ek stil bly oor ‘n verneukery. Ek sal egter nie kan stil bly oor enige misdaad waarvan ek weet nie. Is dit werklik ‘n goeie vriend indien hy jou betrek by sy skelm streke?
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment