Vreemde lirieke wat nie sin maak nie

Vreemde lirieke wat nie sin maak nie en baie gewild was of is. Musiek het baie fasette en lirieke is een van hierdie komponente. Die fokus is op Afrikaanse lirieke van plaaslike kunstenaars. Sommige liedjies se ritme is aansteeklik terwyl die lirieke nie altyd duidelik is nie – of dalk is dit bedoel om so te wees.
da’ Vat Hy – Jay and Lianie May
Arm maar gelukkig
Ons vat hom by die horings
Maak hom mooi, maak hom sag, maak hom mak, maak hom joune
Da vat hy
My bokkie, da vat hy
Dit het iets met ‘n motor te doen en nostalgie – dink ek
Selfie song – Kurt Darren
Toe ek slaap gisteraand was daai lyfie in my drome
En ek vra wat moet ek doen
Ek vra wat moet ek doen
(Wat gaan jy doen bra?)
Ek het baie vraagtekens met hierdie lirieke – vreemde woord keuses
Ploeg jy? – Ricus Nel
Wat maak jy met daai 10 ton trekker, ploeg jy?
Wat sleep jy deur jou mielielande, ploeg jy?
Voordat jy kan plant maak jy die grond eers bietjie nat
En sê my hoe lank moet ek wag voor al die stroopery?
Baie van sy liedjies is suggestief en dubbelsinnig- ietwat stout
Apie – Chris Chameleon
Almal het n apie
En niemand kry sy apie om te wyk nie
Almal het n apie
Niemand word nie gepla nie
Niemand het nie n apie nie
Wat nie amok wil maak nie
Almal het n apie
Moet my nie so aangaap nie
Jy het ook n apie
Kom bring gerus jou apie
Ons hou n apie paartie
Chris is bekend vir sy vreemde liedjies en hierdie ene is vol aapstreke
Deurmekaar-Song by Karen Zoid
‘n Minor chord vir ‘n minor key
Op my sad kitaar
Sonde woorde is ek
Baie deurmekaar
Die lirieke van hierdie liedjie is ietwat deurmekaar
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment