Bekendes se waardering vir hulle aanhangers

0
(0)

Bekendes se waardering vir hulle aanhangers is belangrik. Hulle kan ‘n bekende maak of breek so dis beter om goeie verhoudings te handhaaf

bekendes se waardering vir hulle aanhangers

Hiervan hou bekendes

Dit mag onbelangrik lyk maar as jy die leer na sukses wil klim is daar goeie en slegte dinge. Will Smith is bekend daarvoor dat hy dit geniet om bekend te wees en hy gesels graag met sy aanhangers. Matt Damon is weer flink met handtekeninge uitdeel.

Hier in Suid Afrika het ons vir Steve Hofmeyr wat elke aanghanger belangrik ag. Hy sal nie huis toe gaan voordat hy vir elke foto geposeer het en elke handtekening uitgedeel het nie. Emo Adams is een van die aangenaamste bekende persoonlikhede

Die minder aangename

Nie alle bekendes is egter bekend daarvoor dat hulle die aanhangers waardeer nie. Justin Bieber het al verskeie kere sy aanhangers vir ure laat wag vir ‘n lewendige vertoning en ander kere geweier om handtekeninge uit te deel.

‘n Kompromie

Daar is altyd iets waarvan ‘n bekende nie hou nie en tog doen hulle dit steeds omdat dit belangrik is vir hulle aanhangers. Cliff Richard het in ‘n onderhoud gesê dat handtekeninge uitdeel is die ding waarvan hy die minste hou en tog doen hy dit aangesien die aanhangers daarvan hou. Jon Bonjovi glo weer daaraan om betyds te wees vir sy lewendige vertonings terwyl Madonna persoonlik betrokke is by haar aanhanger klub en so ook Jackie Chan wat jaarliks ‘n dankie sê geleentheid het vir sy aanhangers terwyl hy nie baie daarvan hou om handtekeninge uit te deel nie.

Divas

Hoe dit ook al sy, daar is voor en nadele aan bekend wees en nie almal het die regte temperament vir bekend wees nie. En soms maak die bekende dit duidelik dat hy of sy nie van die aanhangers hou nie. Ons noem hulle sommer divas. Terwyl daar aanhangers is wat hulle by so ‘n bekende skaar is dit meer dikwels dat aanhangers dan die hase pad kies.

Bekendes se waardering vir hulle aanhangers is belangrik

Dis ‘n balanseer toertjie en nie veel anders as om byvoorbeeld ‘n sekretaresse te wees nie. Daar is dinge waarvan ‘n sekretaresse hou en waarvan sy nie hou nie. Ek kon liassering nie verdra nie. Dit moet egter steeds gedoen word. So is dit dan ook met bekendes. Hulle moet steeds die minder aangename doen. Daar is ‘n spreekwoord wat sê: Hou vriende naby en jou vyande nader.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading