Kerk is die anker

0
(0)

Kerk is die anker van baie mense se lewens – myne ook. Gedoop, sondagskool, gekatiseer, getroud in die kerk en so gaan dit steeds aan. Geloof is deel van my lewe. Daar was wel ‘n kort tyd in my lewe wat ek nie kerk toe gegaan het nie alhoewel my geloof nog altyd daar was.

My liewe Ma kan nie meer kerk toe gaan nie

Dit is al ‘n paar jaar wat Ma nie meer by die kerk kan uitkom nie. Die ou bene sukkel maar en sy kan nie so lank sit nie. Haar kerk is haar Bybel wat al vele kere gelap en geplak is. Verder luister sy radio kerk op ‘n Sondag. ‘n Kerk het mos nie mure nie. Kerk kan enige plek wees. Soms is my kerk op my sitkamer bank.

So is my Ma in ‘n versorgingsoord waar daar kerk gehou word in die konferensie saal.

Elke Sondag kom die oues van dae bymekaar vir die erediens

Die versorgingsoord is tans besig met herstelwerk en ek het opgelet dat die saal leeg is terwyl hulle regmaak en verf. Na my Sondag oggend besoek aan my Ma stap ek verby die saal en daar sit Tannie Elsa op die bankie van haar rooi loopraam – Bybel in die hand. “Waar is die kerk vanoggend? Vra sy. Daar is papiere op ‘n tafeltjie voor die deur: Die mat is nat. Moenie daarop loop nie. Daar is egter geen kennis van die kerk nie. Ek vra die naaste personeellid aan diens waar die kerk is. Geen kerk weens die herstelwerk nie.

Tannie Elsa se onderlip bewe. Waar is die kerk? Ek wil kerk toe gaan. Dis my anker

My hart wil breek. Sondae se kerk is belangrik by die tehuis. Kerk is hulle hele bestaan. Sondae sit hulle in die saal met rystoele en looprame in ‘n ry voor die televisie. Die erediens word regstreeks vanaf die Moedergemeente af uiitgesaai na die tehuis.Die Tannies het hulle beste kerk uitrustings aan, die mans dasse en pakke klere. Hulle neem selfs kollekte op en sing saam met die televisie. Kerk is die anker vir soveel van die ou mensies en voed hulle siele.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

4 Comments

  1. Tannie Frannie

    24 February 2025 at 5:04 pm

    Jy het tannie Elsa in haar ontreddering gaan help – dit is kosbaar.

    1. Amandaskrywer

      26 February 2025 at 9:06 pm

      Dalk het ons mekaar gehelp – ek sien myself oor 20 jaar…

  2. Stories Uit My Wêreld

    24 February 2025 at 9:27 am

    Dit is omstandighede waaraan ek nog nooit gedink het nie… en ek… wat kerk toe kan ry en nie ‘n probleem met lank sit het nie… lê menige Sondag in die bed en luister die kerkdiens wat Sondagoggende deur Oudeling Nollie ge-whatsapp word. Ek is nou skaam.

    1. Amandaskrywer

      26 February 2025 at 9:04 pm

      Ek voel ook nogals skuldig. Die tehuis se mensies leer my elke dag iets nuuts

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading