Lees mense ooit nog?

Lees mense ooit nog?
Lees mense ooit nog? Video’s veral kort video’s is oorheersend en so ook stromings TV. Niemand hoef meer te dink of lees nie. Sommige mense lees net die hoof opskrifte van aanlyn artikels en lewer dan kommentaar sonder dat hulle ooit die artikel gelees het.
Te veel van vandag se kinders wil nie lees nie
Die kinders sien wat hulle ouers doen en siedaar boetie en sussie wil ook net kort video’s kyk. Lees is by die deur uit. C.J. Langenhoven val van sy stoel af as hy sien wat aan die gebeur is. In my kinderjare mag ons nooit gekla het oor verveeld wees nie. Kry vir jou ‘n boek en lees sussa lees! Hoe sal die kinders van vandag die leiers van môre word sonder dat hulle kan lees of gaan hulle net video’s kyk en vir ander stuur?
Net soos dinge hopeloos lyk breek die lig deur
Dit is verblydend om by die biblioteek te kom en die kinders te sien wat lees. By ons biblioteek het hulle ‘n nasorg en dit is die mooiste ding om die kinders te sien met boeke in plaas van selfone. Ek koop graag by kakkerlak boekwinkel 2de handse boeke en tot my verbasing sien ek op hulle Facebook blad ‘n opgewonde kind wat sy pakkie met boeke wat by Kakkerlak bestel is oop maak. Soveel blydskap vir ‘n 2de handse boek. My hart sing van vreugde. Daar is hoop! Dankie aan die ouers wat die waarde van boeke en lees besef, koester en oordra aan hulle kinders.
Explore / Reis verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment