Het kunstefeeste hulle glans verloor?

Het kunstefeeste hulle glans verloor?
Het kunstefeeste hulle glans verloor? Wel, ek weet nie van die ander nie, maar die KKNK is nie meer dieselfde nie.
Die heel eerste KKNK
Ek was daar! Die jaar was 1994. Ek het pas vanaf Kimberley na die Tuinroete getrek. My Ma het op daardie stadium in Oudtshoorn gebly en sy het in die hart van die feesvieringe gebly. Ek en my dogters het by haar tuisgegaan en die voorreg gehad om vir die volgende 10 jaar die KKNK by te woon en dit was ‘n belewenis.
Dis hoe dit was
Karen Meiring was in beheer en onder haar leiding het die KKNK gegroei van ‘n klein intieme kunstefees tot die beste in die land. Mense het van heinde en verre gekom om te deel in die lekkerte. Wat die fees so lekker gemaak het was die straat musikante en kunstenaars. Op elke hoek van die straat het mense opgetree. Hier was ‘n ou met ‘n kitaar en oorkant het ‘n Fransman toertjies gedoen. Die strate was vrolik en feestelik en selfs al het jy geen geld gehad nie kon jy steeds deel in die fees.
KKNK verander na 2007
Dinge het dramaties verander na die nuwe bestuur oorgeneem het. Skielik was als anders. Weg was die straat musikante en kunstenaars. Jy moes nou ‘n kaartjie koop om by ‘n omheinde fees terrein in te gaan. Die atmosfees was baie anders. Ek weet daar was mense wat van die nuwe meer gekonstureerde KKNK gehou het maar vir my was die straat teaters, musikante en kunstenaars die hart en siel van die KKNK.
Die fees het sy sprankel verloor
Na 2007 het ek nog ‘n paar keer die fees bygewoon maar die KKNK hou nie meer vir my dieselfde bekoring in nie. My Ma bly ook lankal nie meer in haar huis in die middedorp nie en ek moet erken dat dit ook ‘n rol speel.
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment