Kuiertyd

Kuiertyd
Kuiertyd is ‘n saak van vele fasette. Kuier kan geskied slegs met familie of vriende of albei. Selfs net kuier saam met jou kinders.
Selfs vir introverte soos ek kan dit spesiaal wees
Ek hou van my eie geselskap en kan dan dae lank net met my eie geselskap tevrede wees. Dus is kuiertyd saam met ander mense iets waarop ek myself moet voorberei – dikwels dae voor die tyd – en dan is dit spesiaal en gesellig. Ek hou van bak en kook en berei graag iets spesiaal voor vir my gas of gaste en probeer by hulle voorkeure en afkeure hou. Sommige mense hou nie van spinasie nie en dan gaan ek dit nie vir jou voorsit nie.
Sommige gaste is avontuurlustige eters en ander nie
Ek hou daarvan om met 1 gas op ‘n keer te kuier- dan kan ek al my aandag aan daardie persoon gee. Op daardie manier mis ek dalk nie ‘n belangrike punt nie. Ander kere kan dit weer heerlik wees om saam met ‘n groot groep mense te kuier. Saam braai en doef-doef Afrikaanse musiek te luister. Lekker saam kuier sonder belangrike gesprekke. Sommer net ligte gesprekke sonder diepte.
Na elke kuier het ek weer stilte rondom my nodig
Dan moet ek weer my batterye herlaai. Tot volgende keer. Vir my as introvert is dit verstommend hoe mense aanhoudend tussen mense kan wees sonder alleentyd tussen in. Ek sal van my kop af raak!
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment