Kosskrywers

Kosskrywers – ‘n Huldeblyk
Kosskrywers. Ek bring hulde aan die kosskrywers wat ons leer kook en bak het. Wat sou ons tog sonder hulle gedoen het?
I.L. de Villiers
Die skrywer van Kook en Geniet het self haar boek gepubliseer. Kookboeke was nie as winsgewend gesien nie en publiseerders het nie belang gestel toe mev. de Villiers hulle genader het nie. Toe doen sy dit haarself. Meer as 1 miljoen boeke is reeds verkoop wat haar in ‘n uitgesoekte groep skrywers plaas saam met Deon Myer en Ena Murray. Kook en Geniet was en is steeds gewild onder oud en jonk, ervare kok en onervare kok.
Annette Human
Sy is die skrywer van die gewilde Huisgenoot wenresepte boeke. Sy het naam gemaak deur resepte uit te toets wat deur lesers van Huisgenoot ingestuur is. Haar resepte boeke is steeds baie gesog en uiters gewild. Sy het 18 boeke uitgebring en word beskou as die vrou wat mense weer laat kook en bak het.
Pretoria Polisie Offissiers klub
Knuppeldik aan Koningskos is in bykans elke huis – selfs diegene met geen Polisie konneksie nie. Die dames van die Offisiers klub het die boek uitgebring vir fondsinsameling om die Polisie se weduwee en wese en oues van dae te help. Die resepte almal vooraf getoets en is relatief maklik om te maak.
Dankie kosskrywers vir julle bydrae om mense die genot van tuisgemaak te leer.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment